Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Cyril: ‘Moenie bekommerd wees oor grond’
Troebel wolke pak saam oor die landbou in Suid-Afrika met die dreigemente van grondonteiening wat ’n werklikheid word.

“Niemand hoef bekommerd te wees oor die grondkwessie in Suid-Afrika nie. Wanneer dit by grond kom wil ons deel van die oplossing wees, nie deel van die probleem nie.”

Dit is die boodskap van pres. Cyril Ramaphosa aan Suid-Afrikaners asook beleggers van oor die wêreld.

Die president het sakelui Woensdagoggend op Goldman Sachs se beleggingskonferensie in Parktown, Johannesburg, toegespreek.

“Ons is nie ’n boendoehof nie. Ons sal nie dieselfde foute maak as wat in ander lande gemaak is wanneer dit by grond kom nie,” belowe hy.

“Daar is geen manier dat ons vir beleggers kan sê, kom belê hier, en dan vat ons hul grond die volgende dag weg nie. Dit maak nie sin nie. Geen persoon met verstand sal dit doen nie,” sê hy.

“Dit gesê, ons gaan grond moet onteien. Die wet en die Grondwet stel dit egter duidelik hoe dit gedoen moet word en ons gaan daarby hou,” het hy belowe.

Ramaphosa sê die grondkwessie bly steeds een van die grootste probleme wat die ANC-regering die afgelope 25 jaar sedert hy aan bewind gekom het nog nie kon oplos nie. Hy sê die uitdaging gaan wees om grondhervorming op so ’n manier te doen dat dit nie ’n negatiewe invloed op die ekonomie of op voedselsekerheid sal hê nie.

“Ek het al herhaaldelik gesê ons sal nie grondvergrype toelaat nie. Ons sal verseker dat grondhervorming op ’n georganiseerde wyse plaasvind.”

Ramaphosa sê grond wat aan munisipaliteite en staatsondernemings behoort, maar nie gebruik word nie, is van die grond waarop daar gefokus gaan word.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Landbou  |  Grondhervorming  |  Grondeise  |  Beleggings  |  Ekonomie  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.