Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Damwal ‘goeie nuus’

Die aankondiging dat die bouwerk aan die Clanwilliamdamwal eersdaags sal voortgaan, is goeie nuus vir wynboere in die Olifantsrivierstreek.

Wynboere daar het erg onder die droogte deurgeloop en volgens die wynliggaam Vinpro sal die projek nie net help om watervoorsiening meer stabiel te maak nie, maar ook besproeiingswater aan ’n bykomende 5 000 tot 10 000 ha voorsien.

Die bouwerk om die damwal met 13 m te verhoog, hervat in Oktober.

“Die goedkeuring van die uitbreiding en opgradering van die Clanwilliamdam is uitstekende nuus vir die landbousektor en spesifiek vir wyndruifprodusente in die streek, wat ’n baie moeilike jaar agter die rug het vanweë die droogte,” sê Rico Basson, Vinpro se besturende direkteur, in ’n verklaring.

Meer oor:  Dam  |  Water  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.