Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Dié os van 1,2 t beslis g’n agteros!
Johan van Rooyen van Elite Cattle buite Bloemfontein het dié reusagtige os van 1,2 ton, met ’n geskatte hoogte van 1,9 m by die skof, die afgelope jaar sowat 17 ton kuilvoer gegee. Foto: Mlungisi Louw

Beslis nie ’n agteros nie.

Een van die swaarste osse wat nog by Vleissentraal Bloemfontein opgeveil is, is Woensdag by hul weeklikse veiling verkoop.

Die reusagtige os van 1,2 ton, met ’n geskatte hoogte van 1,9 m by die skof, is vir R38 000 aan John John Joubert, Bloemfonteinse sakeman met verskeie slaghuise in die stad, verkoop. Joubert besit onder meer The Salt Block & Deli.

Dit is moeilik om te glo dat dié asembenemende Holstein-os omtrent net vel en been was toe hy by Louise en Johan van Rooyen van die Elite Cattle-voerkraal buite die stad aangekom het.

Volgens Van Rooyen het dié pragdier, wat betreklik mak is, die afgelope jaar meer as 16 ton kuilvoer (45 kg per dag) gevreet.

“Dit is vir ons ’n voorreg om so ’n mooi dier so mooi te maak. Toe ons hom gekry het, was hy baie maer, hy was net vel en been.”

Die afgelope 18 jaar het hy nog nie so ’n os gevoer nie, sê Van Rooyen. Hy het die dier met liefde gevoer.

“Dis nie nou eintlik vir my lekker om hom te verkoop nie. Ek het al gedink om hom eerder terug te vat.”

Volgens Piet de Wet, afslaer van Vleissentraal Bloemfontein, is die os ongeveer ses jaar oud.

“Die Holstein-ras word maar groot as hy tyd gegun word om so oud te word, anders word hulle voor die tyd geslag,” sê De Wet.

“Hy is baie na aan die grootste os wat al hier opgeveil is.”

Johan van Rooyen by die os wat Woensdag vir R38 000 by Vleissentraal Bloemfontein opgeveil is. Dié bees was eers net vel en been.Foto: Mlungisi Louw
Beslis nie ’n agteros nie! Dié os van 1,2 ton is Woensdag vir R38 000 verkoop. Foto: Mlungisi Louw
Die afslaer Piet de Wet besig om dié reuse-os by Vleissentraal Bloemfontein op te veil. Foto: Mlungisi Louw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.