Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Distell wil Alto en Plaisir de Merle verkoop

Distell wil die wynlandgoedere Alto by Stellenbosch en Plaisir de Merle by Franschhoek in die mark sit.

Alto en Plaisir de Merle se wyne val albei in ’n wynpryskategorie wat as superpremie beskryf word, terwyl Distell in die “toegankliker” premie-wynpryskategorie wil wees waar onder meer wyn soos Nederburg Baronne is.

Die handelsname, handelsmerke, plase en voorraad word van die hand gesit.

Distell beplan nie om nog plase te verkoop nie. Nederburg bly vir hom belangrik.

Bertho van der Westhuizen, Alto se wynmaker.

Die verkoop van die plase hou nie verband met heersende toestande en ’n behoefte om kontant te bewaar nie. Dié besluit is reeds lank gelede geneem.

Die maatskappy sê wel in ’n verklaring aan beleggers in die huidige onseker tye fokus hy daarop om sy kontant te bewaar en onnodige bedryfsuitgawes te beperk.

Libertas Vineyards & Estates, die onderneming vir premiewyn wat voorheen afsonderlik gestig is, sal nou weer in Distell geïntegreer word.

Ook Distell word beïnvloed deur die besluit van die regering om die verkope van alkohol te midde van die staat van inperking te verbied.

Die maatskappy, wat die grootste aankoper van druiwe vir wyn is, sê hy is daartoe verbind om maniere te vind om sy kleiner klante en sy langtermynverskaffers in die wynbedryf te ondersteun.

“Ons sal met die regering en finansiële instellings saamwerk om so goed moontlik te probeer verseker dat ons langtermynverskaffers se finansiële volhoubaarheid in hierdie moeilike tyd verseker word.”

Sy inkomste en volumes is reeds negatief geraak.

Al sy bedrywighede in Afrika, behalwe Kenia, is heeltemal afhanklik van uitvoer uit Suid-Afrika.

Die meeste van sy produksiegeriewe gaan gesluit word, behalwe dié wat alkohol vir ontsmettingsmiddels en handreinigers vervaardig.

Distell sê hy het genoeg voorraad vir 41 dae ná die inperking wanneer weer met verkope en uitvoer begin kan word.

Hy sê dis genoeg voorraad om ná die inperking aan die vraag te voldoen. Hy werk met sy belangrikste kleinhandelklante saam om ná die inperking aan die vraag te kan voldoen.

Meer oor:  Distell  |  Drank  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Drankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.