Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Dít is nou ’n berg spek
Amerika het duisende ton spek wat in pakhuise ophoop.Foto: Pixabay

Amerikaners gaan moet spek eet dat die spoeg behoorlik spat.

Dit is nou as hulle die 18 000 ton varklieste wat oor dié land heen in verkoelde pakhuise gehou word, wil opeet.

Spek word uit varklies gesny.

Luidens statistieke wat Dinsdag deur die Amerikaanse regering bekend gemaak is, is dit die meeste varklieste in pakhuise sedert 1971.

Die groot voorraad is volgens Dennis Smith van Archer Financial Services oor die beduidende aanwas in die Amerikaanse varkbevolking die afgelope somer.

Amerikaanse varkboere het glo hul troppe laat groter word in afwagting dat daar ’n groter aanvraag na varkvleis uit China sal wees.

Miljoene varke is in China vrek weens varkgriep.

Daar was op 1 September sowat 77,7 miljoen varke op varkplase. Dit is die meeste sedert 1943, wys statistieke.

Een van die redes hoekom daar glo soveel spek opgehoop het, is dat ander snitte soos ham makliker uitgevoer word.

Hoewel daar tans ’n groot oormaat aan spek in Amerika is, is daar hoop dat toenemende uitvoer na China sal help om die volumes te verminder.

Smith sê China koop meestal heel karkasse en nie net individuele snitte nie.

As hulle dus meer heel varke uit Amerika invoer, beteken dit daar sal minder varklieste in Amerika wees om spek van te maak. – Bloomberg

Meer oor:  Vsa  |  Spek  |  Varkvleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.