Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Drank: Verkope op sekere dae toegelaat

Drankverkope sal van 1 Junie af slegs op sekere dae en vir sekere ure van die dag te koop wees, het pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand aangekondig.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Gesondheid! Jy sal binnekort weer ’n bier kan gaan koop. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die fynere besonderhede oor presies wanneer drank verkoop mag word, word nog met die drankbedryf bespreek en sal bekend gemaak word sodra die gesprekke afgehandel is, het hy gesê.

In ’n uitgelekte dokument wat deur die naweek die lig gesien het en wat lyk soos voorlopige regulasies vir vlak 3, is daar aanvanklik oorweeg om buiteverkope van drank van Maandae tot Donderdae toe te laat, maar regeringswoordvoerders wou nie oor die naweek bevestig of dié regulasies die finale regulasies verteenwoordig nie.

Die drankbedryf het ’n sterk veldtog aan die gang gehad om drankverkope weer moontlik te maak onder vlak 3 van die inperking, op grond daarvan dat die bedryf meer as 1 miljoen mense werk gee, tot 3% van die bruto binnelandse produk (BBP) bydra en jaarliks sowat R51 miljard tot die regering se belastinginkomste bydra in die vorm van BTW, doeane en aksyns.

Die verbod op drankverkope het egter volgens die bedryf tot dusver ’n verlies van R19 miljard tot die BBP beteken, met 800 ondernemings wat ineen kan stort, insluitend sowat 40% tot 50% van klein drankwinkels.

Die meeste groot drankmaatskappye kan ook hul personeel net die helfte van hul salarisse betaal, en drankverpakkingsmaatskappye het R1,9 miljard se besteding verloor.

Daarby is sowat R3,4 miljard belastinginkomste al misgeloop en floreer die onwettige mark vir drank.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Wynbedryf  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drankverkope  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Bier  |  Koronavirus  |  Wyn  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.