Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Drankbedryf moet ná gesprek met Patel nog dinge opklaar

Die drankbedryf het Vrydag “konstruktiewe gesprekke” met die departement van handel, nywerheid en mededinging gehad oor hoe bedrywighede binne die beperkinge van die Covid-19-pandemie hervat kan word.

wyn
Foto: ISTOCK

Wynprodusente soos verteenwoordig deur Vinpro, vervaardigers verteenwoordig deur Salba en die bierbedryf verteenwoordig deur Basa het aan dié gesprek deelgeneem.

Kurt Moore, woordvoerder van Salba, sê voorleggings is aan die departement gedoen oor die moontlikheid van beperkte verkope in drankwinkels en aanlyn verkope binne die voorgeskrewe inperkingsregulasies om veiligheid te verseker.

“Ons oorweeg nie die verkoop van alkohol in restaurante, kroeë en vermaaklikheidsplekke in die afsienbare toekoms nie.”

Volgens hom is ’n gesamentlike taakspan saamgestel om aandag te gee aan aangeleenthede wat verder opgeklaar moet word.

Die gesprekke is as konstruktief beskryf.

Die verklaring is gestuur in reaksie op navrae.

Netwerk24 wou onder meer weet of die bedryf enige nuus het oor drankverkope onder vlak 4 van die inperking en of drank moontlik aanlyn verkoop sal kan word onder dié vlak. Daar is ook gevra wat die moontlikheid is dat die regering ’n ommekeer gaan maak oor die toelaat van drankverkope onder vlak 3.

Die verklaring het nie hierop geantwoord nie.

Meer oor:  Basa  |  Salba  |  Vinpro  |  Distell  |  Drankverkope  |  Covid-19  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Bier  |  Koronavirus  |  Wyn  |  Vlak 3  |  Wynbedryf  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.