Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
‘Drankverbod stuit wynbedryf se transformasie’

Die landbou- en wynbedryf in die Wes-Kaap se vordering met transformasie word telkens ’n harde terugslag toegedien wanneer die regering ’n algehele verbod op drankverkope plaas.

Die DA vra die regering om sekere toegewings te maak om die wynbedryf te help. Een van die voorstelle is om wynplase weer toe te laat om wynproe-geleenthede aan te bied. Foto: Unsplash

“Dit het veral ’n baie groot impak op opkomende swart boere in die provinsie,” sê Andricus van der Westhuizen, die DA se provinsiale woordvoerder oor landbou en omgewingsake

“Die impak van ’n drankverbod strek ook verder as net die bedryf, want dit raak ook verwante ondernemings wat in swart besit is.”

Van der Westhuizen verwys in ’n verklaring wat vroeër die week uitgereik is nadat die wynbedryfsinstelling Vinpro verlede week die uitslag van ’n peiling bekend gemaak het.

Vinpro waarsku uit navorsing onder amper 549 deelnemers wat in die wynbedryf en sy waardeketting werksaam is, vrees tot 46% swart eienaars van wynhandelsname dat hul ondernemings teen die einde van die jaar nie meer sal bestaan nie.

LEES OOK: Wynbedryf op randjie van afgrond

“Die regering se verbod op drankverkope rig enorme skade aan die Wes-Kaap se wynbedryf aan en dien transformasie ’n groot terugslag toe,” sê Van der Westhuizen

“Die peiling het ook bevind 64% van die swart opkomende wynboere is afhanklik van plaaslike verkope vir hul inkomste. As die regering nie nou ’n omkeer maak en sy benadering tot die drankverbod verander nie, gaan baie entrepreneurs deel word van die land se werkloosheidstatistieke.”

Die DA vra die regering om restaurante toe te laat om drank te verkoop en wynplase toe te laat om wynproe by lokale toe te laat.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, het ook Woensdag gevra dat die regering toelaat dat drank aanlyn verkoop kan word.

LEES OOK: Laat aanlyn drankhandel, aflewering toe, vra W-Kaap

Meer oor:  Opkomende Boere  |  Da  |  Transformasie  |  Wynbedryf  |  Wynproe  |  Wynplase  |  Drankverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.