Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Droogte, bek-en-klouseer knou veeboere

Veeboere gaan vanjaar sukkel weens die uitwerking van bek-en-klouseer op uitvoer en hoër voerpryse weens die droogte.

Veeboere gaan vanjaar gebuk onder hoër veevoerpryse weens die droogte en uitvoerbeperkings weens bek-en-klouseer in Limpopo. Foto: Argief

So sê Wandile Sihlobo, hoof van navorsing van die landbousakekamer Agbiz.

Volgens hom is die optimale saaityd reeds verby vir sowel sojabone as mielies weens die droogte in die noorde van die land. Albei gewasse is belangrik vir veevoer.

Dié aanbodkantdruk sal die prys van veevoer laat styg, wat die risiko vir veeboere verhoog. Daarby is weiveld in die weste van die land ook negatief geraak deur die droogte, veral in die Wes-Vrystaat en Noordwes.

Toestande het ietwat verbeter toe somerreënval uiteindelik middel Januarie begin uitsak het en weiveld sal kan herstel as dit oor die volgende paar weke genoeg reën. Oeste sal egter steeds kleiner as verwag wees omdat boere ’n maand laat moes saai, sê Sihlobo.

Die droogte is besig om veeboere se dierevorpryse

Die departement van landbou, bosbou en visserye het op 8 Januarie in ’n verklaring gesê Suid-Afrika is nie meer bek-en-klouseervry nie. Die siekte is in die Vhembe-distrik van Limpopo geïdentifiseer en die gebied is nou onder kwarantyn.

“Bek-en-klouseer is ’n ernstige, hoogs aansteeklike virussiekte met ’n beduidende ekonomiese impak. Die siekte raak beeste, varke (ook wilde varke), skape, bokke en ander hoefdiere,” sê die departement in sy verklaring.

“Die siekte beïnvloed nie mense nie.”

Die feit dat dit in Suid-Afrika gevind is, raak ook veeboere elders in die land. Onder meer die volgende lande het ’n verbod geplaas op die invoer van beesvleis uit Suid-Afrika:

  • Namibië
  • Botswana
  • Swaziland

“Dit sal druk op beesboere plaas en op sy beurt ’n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se landbouhandelsbalans hê,” sê Sihlobo in ’n verklaring wat Maandag uitgereik is.

Volgens Sihlobo gaan die beesvleisbedryf vanjaar pak kry ná die goeie vordering wat hy sedert 2001 gemaak het.

Algehele beesvleisuitvoer het van 8 292 ton in 2001 tot 31 888 ton in 2017 toegeneem. Die uitvoer van bevrore beesvleis het gestyg van 4 740 ton in 2001 tot 13 808 ton in 2017. Die uitvoer van vars of slegs verkoelde beesvleis het van 3 552 ton tot 18 080 ton toegeneem.

In 2017 het die bedryf $144 miljoen uit uitvoer verdien.

Wat die gevolge vir plaaslike verbruikers betref, sê Agbiz veeboere sal hul voorraad plaaslik moet verkoop aangesien uitvoermarkte nie toeganklik sal wees nie totdat die siekte weer onder beheer is.

Die toename in plaaslike voorraad sal druk op pryse plaas wat vir verbruikers ten minste op mediumtermyn verligting sal bied.

Meer oor:  Agbiz  |  Wandile Sihlobo  |  Noordwes  |  Vrystaat  |  Veeboere  |  Mielie-Oes  |  Landboubedryf  |  Bek-En-Klouseer  |  Rooivleisbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.