Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Eers te droog, nou te nat om mielies te plant
Foster Lubbe het dié foto die naweek op die Abrahamskraalpad in Bainsvlei net buite Bloemfontein geneem. Foto: Foster Lubbe

Boere in die land se grootste mielieproduserende gebiede moet nou vanweë die goeie reën wat sedert Nuwejaar uitgesak het later as gewoonlik plant.

Volgens Graan SA kon daar weens die uiters droë toestande nie geplant word nie en nou is van die lande te nat nadat tot 400 mm reën in sekere streke gemeet is.

Cobus van Coller, 2019 se Skaapboer van die Jaar van die plaas Libanon in Viljoenskroon in die Vrystaat, sê hoewel die mielieplanttyd verby is, is daar nog enkele boere in die Viljoenskroon- en Bothaville-streek wat wag dat die ergste nattigheid opdroog sodat hulle kan plant.

Van Nuwejaarsdag tot 9 Januarie is 49 mm hier aangeteken, terwyl altesaam 308 mm die seisoen gemeet is.

Hoewel daar ’n droë tydperk voorspel word, is daar boere wat steeds sukkel om by die lande uit te kom.

“Die boere maak gebruik van vliegtuie om die lande te spuit, want dit is te nat om trekkers te gebruik,” sê hy.

Die mielies het die afgelope ruk nie genoeg sonlig gekry nie en daarom word dit met ’n middel bespuit om dit ’n hupstoot te gee en te keer dat dit vergeel.

Daar is wel nog tot 25 Januarie tyd om droë bone en sonneblom te plant.

In Bothaville, een van die grootste mielieproduserende streke, het 242 mm reën geval. By Bultfontein is 315 mm sedert die eerste reëns middel Desember gemeet.

Kevin Ingram van die Bloemfonteinse weerkantoor sê hoewel vog uit die binneland beweeg, is daar steeds vandeesweek ’n kans op verspreide donderbuie.

Graan SA het hierdie inligtingstuk oor aanplantings bekend gestel. Foto: Verskaf
Meer oor:  Graan Sa  |  Planttyd  |  Mielies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.