Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
‘Eet meer SA suiker en red 1 miljoen lewens’

As jy meer plaaslike suiker eet help jy om een miljoen mense aan die lewe te hou.

Suikerriet op die lande by Malelane in Mpumalanga.

Dis wat die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging (SACGA) mense wil laat glo met sy Home Sweet Home-veldtog wat vandeesweek afgeskop is om Suid-Afrikaners aan te moedig om meer plaaslik geproduseerde suikerprodukte te koop.

Die vereniging, wat die primêre suikerbedryf verteenwoordig van groot suikergroepe soos Tongaat Hulett en Illovo tot opkomende swart suikerrietkwekers, waarsku al lank teen die instroom van goedkoop suiker uit Brasilië, die Verenigde Arabiese Emirate asook buurlande.

Vir elke ton ingevoerde suiker verloor die plaaslike bedryf R4 000, sê SACGA.

Net in die afgelope jaar alleen het die bedryf net meer as R2,2 miljard se inkomste weens die invoer van goedkoop suiker van swak gehalte verloor, sê Rex Talmage, voorsitter van SACGA.

Hy waarsku veral oor die verwagte rekord suikerproduksie van 715 000 ton uit Swaziland vanjaar, waarvan meer as die helfte op die Suid-Afrikaanse mark beland tesame met ander invoer. Talmage wys daarop dat suiker uit Swaziland boonop tariefvry ingevoer word.

Die keersy van die munt is dat plaaslike suikerprodusente hul binnelandse oorskot teen ’n verlies na ’n oorstroomde wêreldmark moet uitvoer.

Talmage waarsku dat die toekoms van 21 000 swart kleinboere, 65 000 plaaswerkers, 270 000 nie-regstreekse poste en 1 miljoen afhanklikes in die hele suikerbedryf se waardeketting in gevaar is.

Die Home Sweet Home-veldtog is bedink om verbruikers in te lig en aan te moedig om die plaaslike bedryf te steun en sal oor die volgende paar maande loop.

Verbruikers moet uitkyk vir die Trots Suid-Afrikaans embleem op pakke suiker, of hulle moet seker maak daar staan op die pak dat die suiker 100% van Suid-Afrika kom, sê SACGA.

Die veldtog is in pas met die suikerbedryf-meesterplan wat mik om die plaaslike suikervraag oor die volgende twee jaar tot 150 000 ton te herstel, en in die derde jaar tot 300 000 ton te verhoog.

Klein- en groothandelaars het hulle ingevolge die plan reeds daartoe verbind om 80% van hul suiker plaaslik te koop in die eerste twee jaar, en tot 95% in die derde jaar. Staatsdepartemente en -ondernemings gaan aangemoedig word om slegs plaaslike suiker te koop.

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Illovo  |  Suikerbedryf  |  Suikerriet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.