Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Eierpryse gaan vanjaar verder daal
Quantum Foods, wat onder meer Nulaid-eiers verkoop, het 'n beter jaar agter die rug. Foto: Quantum Foods

Een van Suid-Afrika se grootste eierprodusente verdien nou byna 14% minder vir sy eiers as ’n jaar gelede.

Quantum Foods sê eierpryse het met 13,6% gedaal vir die eerste vier maande van sy boekjaar, tot einde Januarie, vergeleke met dieselfde vier maande van die vorige boekjaar.

Die maatskappy sê in ’n Sens-verklaring hy verwag dat eierpryse gaan aanhou daal omdat die nasionale lêhoenderbevolking nou uiteindelik meer is as voor die landwye voëlgriep-pandemie wat middel 2017 uitgebreek het.

Die winkelprys van eiers het reeds gedaal van rekordvlakke van tot R65 vir 30 eiers in Oktober 2017 tot nagenoeg R55 vir 30 in Februarie vanjaar.

In die vorige boekjaar het Quantum voordeel getrek uit die eiertekort wat deur die pandemie veroorsaak is. Dit het eierpryse die hoogte laat inskiet.

Quantum sê in sy Sens-verklaring sy wins vir die vorige jaar was “buitengewoon hoog”. Die groep is boonop gehelp deur lae voerpryse.

Hoewel Quantum ook eiers moes vernietig en hoenders van kant moes maak, was voëlgriep as geheel goed vir die maatskappy.

In die jongste halfjaar is Quantum se wins boonop negatief geraak deur ’n styging in die prys van hoendervoer vir sy hoenders, wat toegeskryf word aan die droogte in groot dele van die mielieproduserende gebiede.

Quantum se veevoerafdeling het “bevredigend” gevaar, met die volume verkope en winsgewendheid “stabiel” vergeleke met die vorige halfjaar.

Quantum se bedrywighede in Zambië is negatief geraak deur die swak kwacha.

Quantum gee nog nie ’n aanduiding van finansiële syfers nie. Die maatskappy se eerste halfjaar duur tot einde Maart.

Meer oor:  Kleinhandel  |  Kospryse  |  Kosprysinflasie  |  Eiers  |  Eierpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.