Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Eskom: ‘Boere betaal R6 000 nog voordat hulle krag gebruik’

Die stygende koste van elektrisiteit bedreig volhoubare voedselproduksie. Vrystaat Landbou (VL) is bekommerd dat Eskom se nuwe voorgestelde prysverhogings landbouproduktiwiteit ernstig sal benadeel.

Dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, het Donderdag op ’n voorlegging aan die nasionale elektrisiteitsreguleerder, Nersa, gesê dit is onaanvaarbaar dat kragverbruikers die prys moet betaal vir slegte bestuurspraktyke by Eskom.

“Eskom se aansoek om pryse te verhoog is ’n poging om verliese van vorige jare te dek. Eskom het die vraag na energie oorskat, daarom het hy te veel geproduseer en nou word hy gekonfronteer met die finansiële gevolge.”

Pleks daarvan om die verbruiker leeg te laat bloei, moet Eskom en Nersa plaaslike regerings dwing om hul uitstaande elektrisiteitsrekeninge te betaal,” het Armour gesê.

Hy sê elektrisiteit vorm ’n belangrike deel van boere se insetkoste in intensiewe voedselproduksie.

’n Keerpunt is reeds bereik waardeur alternatiewe energie meer ekonomies is en indien die kragmark geopen word, sal boere en verbruikers elektrisiteit teen laer pryse kan bekom.

Intensiewe voedselproduksiestelsels dra by tot meer as 30% van Suid-Afrika se voedselproduksie. Besproeiingsboerderye, pluimvee, varkplase, melkerye, tonnelproduksie en intensiewe vrugte- en groenteproduksie gebruik groot hoeveelhede krag.

Hy sê ’n gemiddelde Vrystaatse boer wat byvoorbeeld een kragpunt by sy huis het, een by sy werkershuise en een by sy boorgat vir die huishouding, personeel en besproeiing, betaal R6 000 in vaste Eskom-koste voordat hy nog enige elektrisiteit gebruik het.

Armour sê boere moet gewoonlik stygende insetkoste absorbeer en omdat hulle prysnemers is, sal die voorgestelde prysverhogings volhoubare en bekostigbare voedselproduksie bedreig.

Hy sê ook omdat Eskom se kragvoorsiening onbetroubaar geword het, het dit daartoe gelei dat kragverbruikers toenemend alternatiewe kragbronne benut.

“ ’n Keerpunt is reeds bereik waardeur alternatiewe energie meer ekonomies is en indien die kragmark geopen word, sal boere en verbruikers elektrisiteit teen laer pryse kan bekom.”

Nersa het versoek dat VL binne sewe dae inligting van sy lede moet verstrek rakende die gebruik, voordele en koste van alternatiewe energie.

Meer oor:  Vrystaat Landbou  |  Jack Armour  |  Elektrisiteit  |  Eskom  |  Nersa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.