Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Franse reus beheer nuwe vennootskap met saad in SA
Klein Karoo Seed Marketing het ’n ooreenkoms vir die vennootskap in Suid-Afrika afgehandel, wat op landbousaad, soos veral mielies, toegespits sal wees. Foto: Argief

Die genoteerde Franse maatskappy Vilmorin & Cie beheer ’n nuwe gesamentlike onderneming waarin die landbousaadbedrywighede van Link Seed, Klein Karoo Seed Marketing (K2 Seed) en Seed Co South Africa saamgegooi word.

Zeder Investments sê in ’n verklaring sy filiaal Zaad Holdings se filiaal Klein Karoo Seed Marketing het ’n ooreenkoms vir die vennootskap in Suid-Afrika afgehandel, wat op landbousaad, soos veral mielies, toegespits sal wees.

Vilmorin & Cie is die beherende maatskappy van Limagrain Europe en is in Frankryk opgerig.

Limagrain word as die vierde grootste saadmaatskappy ter wêreld beskryf en produseer en versprei landbousaad, groentesaad en graanprodukte.

Link Seed, ’n filiaal van Limagrain, verkoop ’n reeks mielie- en sojaboonkultivars in Suid-Afrika.

Seed Co word as ’n groot saadmaatskappy in Afrika beskryf, waarin Vilmorin & Cie die grootste aandeelhouer is.

K2 Seed verkoop landbou- en groentesaad, asook saad vir weiding.

Die gesamentlike onderneming staan as Limagrain Zaad South Africa bekend.

Volgens Zeder sal die drie maatskappye kapitaliseer op die sinergieë wat bereik kan word met navorsing, produksie, verkope en bemarking.

“Die gesamentlike onderneming sal een van die voorste spelers in Suid-Afrika wees en sal voordeel trek uit die kritieke massa wat bereik kan word in ’n reeds sterk gekonsolideerde landbousaadmark.”

Die onderneming is ook in Namibië, Lesotho en Eswatini bedrywig.

Die onderneming het 300 personeellede.

Die ondernemings sal ten volle geïntegreer word in Vilmorin & Cie se internasionale saadnavorsingsorganisasie en sal voordeel trek uit hulpbronne van die Amerikas en Europa om sy navorsingswerk te verbeter.

Die mark word tans deur ’n paar multinasionale maatskappye oorheers en Limagrain Zaad Suid-Afrika sal boere ’n “belangrike alternatief vir veldgewasse gee”.

Meer oor:  Zaad  |  Zeder  |  Vilmorin & Cie  |  Saad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.