Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
‘Geen kommer oor rooivleis nodig’

Die Rooivleisprodusenteorgani­sasie (RPO) wil die publiek verseker dat veeboere sal aanhou produseer en dat rooivleistekorte nie tydens die staat van inperking gevrees hoef te word nie.

Gelukkig is die grootste deel van Suid-Afrika geseën met onlangse goeie reën, wat rooivleisproduksie ondersteun, sê Koos Van der Ryst, voorsitter van die organisasie.

“Die organisasie ondersteun die drastiese maatreëls wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is in ’n poging om die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk.

“Die RPO het kennis geneem dat landbouproduksie, spesifiek ook rooivleisproduksie, tydens die staat van inperking moet voortgaan.

“Ons as rooivleisprodusente wil die publiek verseker dat ons sal aanhou produseer en dat tekorte nie gevrees hoef te word nie. In hierdie stadium is die vraag na rooivleis plaaslik nog sterk en uitvoermarkte gaan normaal voort. Meer as 95% van Suid-Afrika se lam-, skaap- en beesproduksie word plaaslik verbruik.

“Die RPO aanvaar die maat­reëls van die staat van inperking met die nodige verantwoordelikheid. Dit sluit in noodsaaklike werksaamhede soos slagting, waardeketting-voorsiening, veeartsenykundige en fito-sanitêre dienste en produksieverwante aksies, soos voer- en watervoorsiening.

Die RPO het kennis geneem dat landbouproduksie, spesifiek ook rooivleisproduksie, tydens die staat van inperking moet voortgaan.

“Die RPO is in gesprek met die departement van landbou om te bepaal of die hou van veeveilings ’n noodsaaklike diens is.

“Gesonde individuele selfregulering is die wagwoord. Kontak met persone binne die samelewing en bedryf moet tot die noodsaaklike minimum beperk word.”

Van der Ryst sê die werksmag moet tot die minimum afgeskaal word. Die RPO is betrokke by die tegniese taakspan wat deur die minister van landbou aangewys is met subkomitees vir ekonomie, maatskaplike impak en kommunikasie.

“Die komitees funksioneer virtueel en die RPO sal die belange van rooivleisprodusente te alle tye bevorder.

“Hierbenewens is die RPO se bek-en-klouseergroep op Whats­App uitgebrei na ’n Covid-19-groep.

“Die organisasie sal voortgaan om gereeld inligting en nuus deur middel van die groep te versprei. Om lid van die groep te word, stuur ’n SMS na 082 788 9012,” het Van der Ryst bygevoeg.

Meer oor:  Koronavirus  |  Rooivleis  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.