Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Goeie plantseisoen verwag, maar El Niño bly dreig

As alles goed gaan, sal Suid-Afrika tot minstens 2020 genoeg mieliemeel en ander somergrane hê.

2,4 miljoen hektaar, 6% meer as verlede jaar, gaan na verwagting vanjaar met mielies beplant word.

Volgens Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, blyk dít uit ’n peiling wat onlangs uitgereik is oor hoeveel hektaar boere van plan is om in die somerreënvalstreke te beplant.

Die positiewe aanname is egter op voorwaarde dat die verwagte El Niño-weerpatroon betreklik swak is en later eerder as vroeg in die somerseisoen plaasvind.

Volgens die Oesskattingskomitee beoog boere om die gebied wat hulle in 2017-’18 se planttyd met somergrane en oliesade wil beplant met 5% tot 4,03 miljoen hektaar te vergroot.

Die plantoppervlakte verhoog vir die meeste somergewasse, met die uitsondering van sonneblomsaad en grondboontjies.

Gunstige pryse vir landbougewasse dryf die plantplanne aan, sê Sihlobo.

Die voornemens vir verskillende gewasse sien as volg daaruit:

  • 2,4 miljoen hektaar mielies, 6% meer. Dit is 1,3 miljoen hektaar witmielies en 1,1 miljoen hektaar geelmielies.
  • 851 800 hektaar sojabone, 8% meer, wat ’n rekord sal meebring. Sihlobo sê dis ’n aangename verrassing en word aangedryf deur die stygende vraag na dierevoer in die plaaslike mark.
  • 575 000 hektaar sonneblomsaad, 4% minder.

Boere in die oostelike en sentrale dele van die land het reeds begin plant ná onlangse reën.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel hoër reënval in die somerreënvalstreke tussen November 2018 en Januarie 2019, wat ook goeie nuus sal wees vir die uiteindelike oes.

Daarna dreig El Niño egter. “Ons is bekommerd oor die potensiële impak daarvan op gewasse, aangesien dit kan saamval met die bestuiwingsfases van sekere gewasse,” sê Sihlobo.

Meer oor:  Agbiz  |  Wandile Sihlobo  |  Graan  |  El Niño  |  Oesskatting  |  Mielies  |  Sojabone  |  Mielie-Oes  |  Sonneblomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.