Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Graan SA: Vooruitsig vir mielieboere lyk goed

Die vooruitsigte vir mielieboere in die land lyk goed, nie net omdat die weersomstandighede tans belowend is nie, maar ook omdat die verbruik van mielies wêreldwyd aanhou styg.

Graan SA hou tans sy jaarkongres op ’n virtuele platform.

Dr. Justin Choe van die VSA se departement van landbou het die kongres aanlyn toegespreek en gesê dat al hoe meer mielies wêreldwyd geproduseer word, maar dat daar ook ’n groeiende vraag daarna is.

Belowende graanoeste en ’n gesonde vraag na graanprodukte is goeie nuus vir saaiboere. Foto: Charles Smith

China is die grootste invoerder van mielies en dit bied uitvoergeleenthede vir Suid-Afrikaanse mielieboere.

Choe sê hoewel groter oppervlaktes aangeplant word, verbeter boerderymetodes en word daar jaarliks meer mielies geproduseer om in die groeiende vraag te voorsien.

Mense eet ook meer vleis en dit stimuleer die vraag na mielies as veevoer.

Die lande wat die meeste vleis produseer, is ook die grootste verbruikers van mielies. Hy meen die vraag daarna sal groot bly.

Mielies word gebruik om bekostigbare vleis te produseer, sê Choe.

Die gebruik van mielies om etanol te produseer sal na raming vanjaar die vraag met 5% laat toeneem.

2020 was ’n goeie oesjaar, maar niemand het verwag dat die inperkings so ’n groot impak op die land sou hê nie.

Hy sê mielies is wêreldwyd bekostigbaar en maklik bekombaar, wat daarvan ’n gewilde graan in die veebedryf maak.

Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, het in sy openingstoespraak gesê die koronavirus-pandemie het ’n groot impak op almal en landboubedrywighede is ook deur die inperkings geraak.

2020 was ’n goeie oesjaar, maar niemand het verwag dat die inperkings so ’n groot impak op die land sou hê nie.

Mathews sê boere kon meestal voortgaan om sake te doen soos gewoonlik, maar tog het die pandemie ’n groot invloed op Graan SA gehad.

Hy sê die verlies aan inkomste omdat die Nampo Oesfees afgestel is, het ’n groot invloed op Graan SA gehad.

Suid-Afrikaanse boere moes vinnig aanpas by die nuwe omstandighede en danksy Graan SA se toegang tot die ministeriële komitee wat oor die inperkingsmaatreëls besluit, kon die organisasie sorg dat die probleme wat boere ondervind het, opgelos word.

Van die uitdagings was onder meer ’n tekort aan diesel en die invoer van landbouwerktuie en -onderdele.

Jannie de Villiers, uittredende hoof van sê Graan SA, sê die verbod op drankverkope het garsprodusente baie nadelig geraak en dié impak word steeds gevoel.

Meer oor:  Graan Sa  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.