Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Grond: Hervorming kom eers ná Mei aan die gang

Grondhervorming moet op gesonde ekonomiese beginsels gegrond wees, sê Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van die landbousakekamer Agbiz.

agbiz
Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz.

Hy het op die Sitruskwekersvereniging se beraad in Port Elizabeth gesê besliste besluite oor grondhervorming sal waarskynlik eers ná die verkiesing in Mei geneem word.

Sihlobo is egter oortuig grondhervorming in Suid-Afrika sal nie ten koste van groei en werkskepping plaasvind nie.

’n Ad hoc-komitee van die parlement bespreek tans hoe die Grondwet gewysig moet word om die onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Volgens Sihlobo sal alle Suid-Afrikaners by die proses betrek word.

Hy gee toe die landbousektor sal net groei as vertroue herstel word. Regstreekse buitelandse investering in landbou het oor die jare heen afgeneem en bedra tans slegs 0,1% van die totale regstreekse buitelandse investering in Suid-Afrika.

Sakevertroue moet verbeter om dié soort belegging terug te lok en die sektor te laat groei, het Sihlobo aan die sowat 600 beraadgangers gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.