Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Groot dors na peperduur whiskies ná verbod eindig

Die aanlyn verkope van peperduur whiskies wat deur die spesialis whisky-winkel WhiskyBrother verkoop word, het van begin Junie af met 640% gestyg teenoor ’n jaar tevore.

Die winkel van WhiskyBrother in Hyde Park in Johannesburg. Foto: Verskaf

Marc Pendlebury, stigter en mede-eienaar van WhiskyBrother in Hyde Park, Johannesburg, sê die gewildste whisky was die BenRiach 12 jaar oud wat eksklusief vir WhiskyBrother gemaak is.

Só ’n bottel jaag ’n klant R990 uit die sak.

“Dit het net voor die inperking aangekom en klante kon dit eers in Junie kry. Dit het van die rakke afgevlieg.”

Hy sê omdat hulle ’n spesialis-winkel is, verkoop hulle nie so baie van die hoëvolume-versnitte soos Jack Daniels, Johnnie Walker en Jameson nie, maar hulle het ’n groter vraag na premie-whiskies beleef.

Volgens hom sluit dit whiskies in soos Ardbeg 10 jaar oue Skotse enkelmoutwhisky (R650), Blanton’s Gold Bourbon (R980), GlenDronach 12 jaar oue Skotse enkelmoutwhisky (R680) en Port Charlotte 10 jaar oue whisky (R1 220).

Hy sê hul klante is gemiddeld tussen 30 en 45 jaar oud. Driekwart is mans en van die hoërinkomstegroepe LSM 9 of hoër.

’n Gemiddelde aanlyn bestelling het R1 900 beloop, wat gemiddeld twee van die bottels whisky is wat hulle verkoop.

Marc Pendlebury, stigter en mede-eienaar van die spesialis-whisky-winkel. Foto: Verskaf

Ook dié drankwinkel het ’n groot agterstand in aflewerings van 1 Junie af gehad toe aanlyn verkope weer toegelaat is. Pendlebury sê hy, sy sakevennote en personeel het self ook in Pretoria en Johannesburg aflewerings gedoen.

Bestellings is in die res van die land met koerierdienste vervul.

Hy sê die skerp styging in verkope kom ook nadat WhiskyBrother net voor die staat van inperking op 26 Maart ’n groot internasionale prys by die 2020 Icons of Whisky-toekenning gewen het. Dit is deur Whisky Magazine in Londen aanbied en WhiskyBrother het die prys vir Winkel van die Jaar gewen.

Volgens Pendlebury is dit die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse kleinhandelaar dié internasionale prys gewen het.   

Meer oor:  Whisky  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.