Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Grootste os, swartwitpense in Parys te sien

Die vierde jaarlikse Alfa-ekspo is om die draai en volgens Albert Loubser, hooforganiseerder, sal vanjaar se ekspo nog meer as vorige jare aan besoekers bied.

Die vee-ekspo, ook bekend as die Nampo vir veeboere, word vanjaar van 17 tot 19 September in die Afridome in Parys aangebied.

Dié chianini-kruisras-os was verlede jaar op die Alfa-ekspo te sien. ’n Groter os sal vanjaar op die ekspo ten toon gestel word. Foto: Alet van der Walt

Loubser sê hy is veral baie opgewonde omdat twee swartwitpensbulle op die ekspo te sien sal wees.

Dit sal die eerste keer wees dat besoekers lewende wild op die ekspo kan sien.

Loubser sê nege dierespesies, naamlik honde, beeste, skape, bokke, varke, konyne, hoenders, perde en wild word vanjaar ten toon gestel.

Veeboere kan ook vanjaar aan 14 verskillende kompetisies en uitstallings deelneem, waaronder ’n interrasslagkampioen, ’n mega-os-kompetisie, ’n ramprestasiekampioen, suiwelverskampioen en slaglamkompetisie.

’n Aanlyn wildveiling, miniatuurperdjieveiling, jongramveiling en varkkarkasveiling word ook op die ekspo gehou.

Die nasionale chianina-veiling word vanjaar op Alfa aangebied.

Die chianina, ’n Italiaanse beesras, is een van die grootste en oudste beesrasse ter wêreld en besoekers gaan vanjaar een van die grootste osse ter wêreld op die ekspo sien.

Toyota se nasionale junior- en jongafslaerskampioene word weer vanjaar op Alfa aangewys terwyl die wenners van nog drie ander landboukompetisies op Alfa gekroon word.

Leerlinge van landbouskole sal weer vanjaar aan kompetisies op die ekspo deelneem. Foto: Alet van der Walt

Die ekspo bied vanjaar slypskole vir konyn-, vark-, en hoenderboere aan terwyl daar vir voornemende jong boere ’n Future Farmers-slypskool sal wees.

Future Farmers help jong mense wat graag wil boer om werk op plase te kry en van Future Farmers se studente werk selfs oorsee.

Volgens Loubser sal vanjaar se ekspo sewe mini-ekspo’s aanbied. Die mini-ekspo’s bied uitstallings oor melkbokke, werkhonde, werkperde, varke, wild, konyne en pluimvee aan.

Meer oor:  Parys  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.