Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Gryp in met miltsiekte, vra landbou

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het ’n dringende beroep op die weermag en polisie se gesamentlike taktiese hoofkwartier gedoen om hul patrollies op die Lesotho-grens uit te brei.

Dit volg nadat die owerhede in Lesotho drie uitbrekings van miltsiekte aan die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid gerapporteer het.

Miltsiekte het reeds in April in Lesotho voorgekom.

Twaalf beeste het volgens die verslag in Lesotho weens miltsiekte gevrek en die gesondheidsdienste in die land het verlede week gesê mense word ook vir besmetting met die antraks-bakterie behandel.

Twaalf beeste het volgens die verslag in Lesotho weens miltsiekte gevrek en die gesondheidsdienste in die land het verlede week gesê mense word ook vir besmetting met die antraks-bakterie behandel.

Beeste wat met die siekte besmet is, se vleis kan mense siek maak en wanneer die karkas oopgesny word kan die bakteriese spore ingeasem word wat tot longinfeksie kan lei.

’n Veespekulant van Thaba Nchu, Zache Smit, sê volgens ’n hoofman in die gebied het vier beeste verlede week hier gevrek wat simptome van miltsiekte getoon het.

Die plek waar die beeste gevrek het, is naby Tweespruit.

Smit sê hy het foto’s van die beeste, wat van Lesotho afkomstig is, gesien.

“Daar was bloed by hul bekke en ander liggaamsopeninge,” sê hy.

Hy sê van die hoofmanne in die Thaba Nchu-gebied laat Lesotho-burgers toe om hul beeste in Suid-Afrika te laat wei.

Die grens is sowat 60 km van Thaba Nchu.

Veeboere is gevra om seker te maak hul diere is ingeënt teen miltsiekte.

Die departement sal bewusmakingsveldtogte oor miltsiekte op 11 Junie in Ladybrand en Clocolan hou, op 12 Junie in Tweespruit en Hobhouse, op 13 Junie in Van Rooyen en op 19 Junie in Qwaqwa.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, het vroeër gesê die uitbreking van miltsiekte kan katastrofiese gevolge vir die vleisbedryf inhou.

Hy het ook ’n dringende beroep op die owerhede gedoen om grensbeheer te verskerp.

Wilken sê die organisasie het 15 jaar lank ’n hofstryd gevoer dat die regering iets moet doen aan die swak grensbeheer tussen Suid-Afrika en Lesotho.

Meer oor:  Vrystaat Landbou  |  Francois Wilken  |  Thaba Nchu  |  Lesotho  |  Miltsiekte  |  Landbou  |  Beeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.