Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Hennep-permitte teen Oktober beskikbaar

Enigiemand wat met hennep wil boer of dit wil inspan in vervaardiging, kan solank hul sake in orde kry, want permitte hiervoor sal teen Oktober beskikbaar wees.

hennep
Hennepsaad is proteïenryk en word onder meer gebruik as ’n alternatief vir melk. Papier en tou word ook van die plantvesels gemaak. Foto: Unsplash

Dié goeie nuus vir onder meer die landboubedryf is Donderdag deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, aan die Nasionale Vergadering oorgedra. Haar departement sal verantwoordelik wees om permitte vir die aanplant van hennep en die gebruik daarvan in vervaardiging uit te reik en te monitor.

Die departement van gesondheid het voorheen die kommersiële kant van daggaplant behartig, maar die mandaat om na wetgewing oor die kommersialisering van dagga te kyk, is aan Didiza se departement gegee.

Didiza het Donderdag in haar departement se begrotingstoespraak gesê ’n interdepartementele taakspan, wat bestaan uit verteenwoordigers van verskillende departemente, is saamgestel om die ontwikkeling van die regering se meesterplan vir dagga te behartig. Didiza se departement is die sameroeper van dié taakspan.

Volgens haar is besluite oor wetgewing en die kommersialisering van dagga op die voorgrond van openbare debatte en op die agendas van beleidmakers wêreldwyd.

LEES OOK: Dagga: Min dae voor jy mag rook en geniet

Hennep word gebruik om verskeie produkte en materiale, soos bakstene en lap waaruit klere gemaak word, te vervaardig.

Dit is ’n soort daggaplant, maar bevat baie min THK (tetrahidrokannabinol). THK is die komponent van dagga wat mense “hoog” laat voel en word veral vir mediese redes soos pynbehandeling ingespan.

Die departement se meesterplan vir dagga behoort teen Junie gereed te wees. Dit is een van verskeie meesterplanne waarmee die departement besig is

Meer oor:  Thoko Didiza  |  Hennep  |  Landbou  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.