Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Het jy al jou skoukaartjie?

Daar is nagenoeg vyf dae oor voordat die skouhekke van die jaarlikse Swartlandskou op Moorreesburg in die Swartland oopmaak.

Die Swartlandskou is een van die grootste landbouskoue in die Wes- en Suid-Kaap en lok elke jaar duisende besoekers. Dit word vanaf eerskomende Woensdag (5 September) tot Saterdag gehou.

Benewens landboumasjinerie en ander uitstallings, sal van die beste perde, beeste, skape, pluimvee en boerbokke op dié landbouskou te sien wees.

Die volgende kampioenskapsbyeenkomste word volgende week oor die vier skoudae aangebied: die Swartlandstreek-jeugskou, SA Vlaamperdkampioenskap, Wes-Kaapse Hackney- en WP Saalperd-streekkampioenskap, Merinostreekkampioenskap, Wes-Kaapse SA Vleismerinokam­pioenskap, Hereford- en Angus- Wes- en Suid-Kaap-streekkampioenskap, sowel as die Simmentaler-, Santa Gertrudis- en Boerbokkampioenskap.

’n Landbouseminaar oor die winsgewendheid van die graan­bedryf (slegs op uitnodiging) vorm deel van die 2018-program, terwyl ’n boeredag in samewerking met Villa ook aangebied word. Op dié geleentheid sal graanproewe en die jongste tegnologie te sien wees.

’n Groot loopbaanuitstalling deur die Wes-Kaapse departement van landbou is ’n nuutjie op vanjaar se program.

Skoolgroepe sal die uitstalling daagliks besoek, en inligtingsessies en opleidingskursusse vir landbouwerkers sal ook gehou word.

’n Verskeidenheid binne- en buitestalletjies, gewilde kunstenaars en spesiale kinderprogramme rond die prentjie af.

Die skoutye is Woensdag vanaf 07:00 tot 17:30, en Donderdag tot Saterdag vanaf 07:00 tot 18:00. Toegangskaartjies kos tussen R40 en R100 per persoon per dag.

  • Kinders tussen 5 en 18 jaar betaal R30, terwyl toegang vir pensioentrekkers R20 kos. Kinders jonger as vyf jaar kry gratis toegang. Spesiale gesins­pakkette is ook beskikbaar. Kry jou kaartjies by Computicket.
Meer oor:  Swartlandskou  |  Moorreesburg  |  Landbou  |  Skou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.