Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Inligtingsdag vir melkbokboere

Die vyfde jaarlikse melkbok­inligtingsdag vir melkbokboere en belangstellendes in kleinveesuiwel word op 11 Oktober by Agri-Expo

Livestock buite Stellenbosch gehou. Die inligtingsdag is gratis en is ’n geleentheid vir boere om by kundiges in die bedryf kers op te steek.

Breyton Milford, Agri-Expo se operasionele bestuurder, sê in ’n verklaring dit is ’n projek om nuwe toetreders tot die landboubedryf te bemagtig en op te lei – dít alles in vennootskap met die Wes-Kaapse landboudepartement.

“Die inligtingsdag het ten doel om vaardighede te ontwikkel, marktoegang te verbeter en volhoubaarheid te bevorder. Dit is ’n waardevolle geleentheid vir kleinveeboere om meer te leer oor melkbokboerdery en die moontlikhede wat hierdie groeiende bedryf bied,” sê hy.

Die inligtingsdag is van 08:00 tot 13:00 in die Standard Bank-konferensiesentrum op Sandringham buite Stellenbosch – die perseel waarop die Agri-Expo Livestock-veeskou van 11 tot 13 Oktober aangebied word. Daar is slegs plek vir 120 mense by die inligtingsdag.

Vir meer inligting oor die geleentheid, bel Milford by 021 975 4440.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.