Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Is wyn ná bier iets om te vier?

Jy het dalk al die Duitse spreuk gehoor: Wein auf Bier das rat ich Dir, Bier auf Wein das lass sein?

beer
Navorsers het wyn en bier aan 90 vrywilligers gegee om te toets watter kombinasie van bier en wyn jou die dronkste maak.

Dit kom daarop neer dat jy wyn ná bier kan drink, maar nie andersom nie.

Maar nou het wetenskaplikes dié ou gesegde ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat dit ’n mite is.

Navorsers het drankies aan 90 vrywilligers gegee om te toets watter kombinasie van bier en wyn jou die dronkste maak.

Die vrywilligers is in drie groepe verdeel.

  • Die eerste groep het sowat twee en ’n halwe groot glase bier gedrink, gevolg deur vier groot glase wit wyn.
  • Die tweede groep het dieselfde hoeveelheid gedrink, maar andersom.
  • Die derde groep het net bier of net wyn gedrink en het as die kontrolegroep gedien.

Die vrywilligers, almal tussen 19 en 40 jaar oud, is oornag onder mediese toesig gehou.

Die deelnemers, waarvan ’n hele paar gebraak het, is die volgende dag oor hul babelas uitgevra en moes ’n telling daaraan gee op die sogenaamde “akute-babelas-skaal” wat op faktore soos dors, moegheid, kopseer, lighoofdigheid, naarheid, maagpyn, vinniger hartklop en ’n verlies aan eetlus gegrond is.

Die bevindings in die studie is in American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer en toon dit maak nie saak in watter volgorde jy jou wyn en bier drink nie. As jy te veel drink, gaan jy waarskynlik siek word.

Die groepe deelnemers in die studie is ná ’n week omgeruil om die teenoorgestelde uitwerking op hulle te toets. Die kontrolegroep, wat die vorige keer net bier gedrink het, het dié keer net wyn gekry en andersom.

“Met lager en witwyn het ons geen bewyse gevind dat jy ’n ligter babelas kry as jy bier voor wyn drink nie,” het Joran Kochling van Duitsland se Witten/-Herdecke-universiteit, wat een van die skrywers van die verslag is, gesê.

“Die waarheid is dat te veel drank waarskynlik tot ’n babelas gaan lei. Die enigste betroubare manier om te voorspel hoe sleg jy die volgende dag gaan voel, is hoe dronk jy voel en of jy siek word.

“Ons moet aandag aan hierdie waarskuwingstekens gee wanneer ons drink.”

Dr. Kai Hensel, ’n senior kliniese genoot van die Universiteit van Cambridge en die senior outeur van die studie, sê: “Hoe onsmaaklik babelas ook al is, moet ons onthou dit het een belangrike voordeel: Dit help ons om uit ons foute te leer.” – Bloomberg

Meer oor:  Bier  |  Wyn  |  Navorsing  |  Babelas  |  Studie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.