Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Jonges kom van ver vir die jeugskou

Die Swartlandskou op Moorreesburg is vanjaar weer die trotse aanbieder van die Swartlandjeugskou.

Jong skoudeelnemers kom van so ver as Riversdal, die Paarl, Bredasdorp, Caledon, Clanwilliam en Ceres om hieraan deel te neem. Dit is ’n platform vir jong mense wat met toegewydheid hul liefde vir landbou en diere wil uitleef. Dit is ook ’n goeie platform vir enige leerling wat ’n beroep in landbou wil volg.

Die Swartlandjeugskou word elke jaar op die Swartlandskou op Moorreesburg aangebied. Foto: VERSKAF

Daar is agt verskillende klasse waaraan hulle deelneem, naamlik:

  • suiwelbees;
  • vleisbees;
  • wolskaap;
  • vleisskaap;
  • melkbok;
  • boerbok;
  • angorabok; en
  • pluimvee.

Dié klasse word in drie ouderdomsgroepe vir onderskeidelik junior juniors, juniors en seniors aangebied.

Vinnige feit:

Die jeugskou is ’n sport waar leerlinge met diere skou en die deelnemer se vaardighede beoordeel word – nie die dier s’n nie. Deelnemers moet ook goeie kennis hê van die dier waarmee hulle op die dag skou omdat hulle daaroor uitgevra word.

Volgens die organiseerders van die Swartlandskou het deelname aan die jeugskou die afgelope paar jaar aansienlik gegroei. Verlede jaar het nagenoeg 120 jongmense aan die skou deelgeneem, en vanjaar word sowat 130 leerlinge verwag.

“Ons bied ’n jeugskou van ’n hoë standaard aan waar skoudeelnemers hul beste kan lewer en hul vaardigheid en kennis teen mekaar kan opweeg,” lui ’n verklaring wat deur die skoukantoor uitgereik is.

“Nóg ’n faktor wat tot ons sukses bydra, is die toegewyde en bekwame beoordelaars wat ons skoudeelnemers met presisie bepunt en met opbouende kommentaar aanmoedig om altyd hul beste te lewer.”

Die Swartlandjeugskou se kampioenskapsbyeenkoms begin op Woensdag 5 September om 13:00 by die Skaap-afdak op die skouterrein.

Jou kontak: Vir inskrywingsvorms of meer inligting, besoek www.swartlandskou.co.za.

Meer oor:  Moorreesburg  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.