Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Kewers bedreig neutboorde in Vaalharts-omgewing

’n Nuwe insekplaag hou ’n bedreiging vir pekanneutboorde in die Vaalharts-besproeiingskema in die Noord-Kaap in.

Die Noord-Kaapse departement van landbou sê in ’n verklaring hy is baie bekommerd oor die verskyning van die Polyphagous-kewer of -boorder.

Die kewer kan ook lemoen-, perske-, druiwe-, avokado- en makadamiaboorde asook ander plante soos die koraalboom, bloubos, kiepersol en kruidjieroermynie bedreig.

Pekanneute.Foto: Verskaf

Die kewerplaag kan ’n plant of boom uiteindelik laat vrek.

Die insekte boor in die boom en laat ’n fungus agter wat die boom laat verrot.

Die kewer is 2 tot 2,8 mm lank. Die volwasse wyfie is swart of donkerbruin en is groter as die mannetjie.

Die departement moet meer navorsing doen om te bevestig of die kewer die fungus in die pekanneutbome laat of nie.

Volgens Phemelo Manankong, departementele woordvoerder, is hulle bewus van die kewer se teenwoordigheid in Vaalharts.

“Ons versoek boere in die aangrensende omgewing om ook op die uitkyk vir die insek te wees.

“Chemiese plaagbeheer kan doeltreffend wees, hoewel dit ook duur is.

“Enige besmette plante moet aan die departement gerapporteer word,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.