Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Khoi, San baat by rooibos-ooreenkoms

Die Khoi en San gaan baat vind by die rooibos- en heuningbos-bedryf ná onderhandelings wat nege jaar geduur het.

Die ooreenkoms is Vrydag onderteken tussen die gemeenskap en ’n verteenwoordiger van die bedryf by die !Kwa Ttu San-kultuur-en-opvoedingsentrum in Yzerfontein in die Wes-Kaap.

Navorsing deur die departement van omgewingsake het getoon dat die Khoi- en San-gemeenskappe die tradisionele houers van kennis is oor rooibos en heuningbos. Dit beteken hulle is geregtig op finansiële gewin van die kommersiële gebruik van die plante wat algemeen as ’n tee gebruik word.

Rooibos, wat deel uitmaak van die Kaapse blommeryk, word gebruik in ’n reeks produkte wat tee, sap, kruiemiddels en toiletware insluit.

Die ooreenkoms sluit ’n loodsprojek van een jaar in wat die Khoi-San-gemeenskappe ’n toekenning van 1,5% van die toegangshekprys van die verwerkers van rooibos in die vorm van ’n jaarlikse heffing sal besorg. Die geraamde R12 miljoen per jaar sal in trustrekenings betaal word wat deur die gemeenskap geopen is.

Die ooreenkoms sal werkskepping en die opheffing van 160 kleinskaalboere tot gevolg hê.

Barbara Creecy, minister van die omgewing, bosbou en visserye, het by die ondertekening gesê die ooreenkoms sal as ’n basis en voorbeeld dien vir soorgelyke ooreenkomste met gemeenskappe in die toekoms. Volgens haar het rooibos wêreldwyd bekendheid verwerf as ’n trots Suid-Afrikaanse produk en handelsmerk.

Meer oor:  Rooibos  |  San  |  Khoi  |  Ooreenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.