Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
‘Klik en gaan haal’ SAB se plan vir drankverkope
Die Suid-Afrikaanse Brouery wil help om alkoholverkope veilig te hou. Foto: Argief

Die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) wil kroeë, sjebiens en drankwinkels en hul klante help om drank eerder aanlyn as by die verskaffer of winkel self te koop.

SAB sê Saterdag in ’n verklaring dat hy sy “klik en gaan haal”-diens aan sy vennote en dié se klante bekend gestel het.

Die diens werk met behulp van ’n USSD-kode wat van enige selfoon gestuur kan word. Die klant tik die verskaffer se unieke USSD-kode in, waarna produkte gekies kan word. Die kliënt kies dan waar en hoe laat hy/sy dit wil gaan haal.

Die klant gaan sy/haar ID asook die boodskap wat hy/sy gekry het om die bestelling te bevestig, moet wys voordat die bestelling in ontvangs geneem kan word.

SAB sê op dié manier kan plekke wat drank verkoop, die getal klante wat op een slag opdaag, beperk.

SAB sê verder hy het beskermende toerusting (PPE), wat gesigmaskers wat van materiaal gemaak is, gesigskerms en handreiniger insluit, aan kroeë en ander verkoopspunte van alkohol versprei.

Hy het ook inligting aan eienaars verskaf oor hoe die moontlike verspreiding van die Covid-19-virus gekeer kan word.

Alkohol mag weer onder vlak 3 van die staat van inperking verkoop word.

Meer oor:  Sab  |  Vlak 3  |  Drankverkope  |  Bier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.