Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Koffie, lemoensap word duurder – en dís hoekom

’n Knellende droogte in Brasilië gaan jou ontbyt dalk binnekort duurder maak. Koffie en lemoensap gaan waarskynlik skaarser en dus duurder word.

Brasilië besproei sowat 30% van sy lemoenbome en 15% van sy arabica-bome. Foto: Unsplash

Bloomberg berig die afgelope reënseisoen in Brasilië, die wêreld se grootste uitvoerder van koffie, suiker en lemoensap, het baie min reën opgelewer.

Die grond is droog en riviervlakke baie laag in die land se sentraal-suidelike streek, die bakermat van die streek se landbou.

Die droogte is so erg dat boere bekommerd is oor die volhoubaarheid van hul waterreserwes. Dié reserwes is veronderstel om gewasse aan die lewe te hou oor die volgende paar maande wanneer die land se droë seisoen begin.

Van die boere moes reeds in Maart al begin om hul arabica-bome nat te lei, twee maande vroeër as gewoonlik, weens die lae reënval.

Die lemoenbome kry ook swaar.

Die nuus kom op ’n slegte tyd vir die land, want landbougewasse vaar tans baie goed internasionaal. Kontrakte wat vir koffie en suiker op die ICE Futures Exchange in New York gesluit word, het klaar begin raak aan vierjaarhoogtepunte.

Die land se uitvoer van koffie en lemoene loop die gevaar om vir ’n tweede agtereenvolgende jaar af te neem.

Brasilië se huidige lemoenoes het met 31% gekrimp vergeleke met die vorige seisoen, die grootste inkrimping in meer as 33 jaar.

Die produksie van arabica-bone, wat hoog aangeslaan word in die koffiebedryf en deur bekende koffiekettingwinkels soos Starbucks gebruik word, neem ook drasties af.

Reënvalsyfers in Brasilië was die afgelope paar jaar rampspoedig laag in die maande tussen Januarie en April, veral in gebiede soos São Paulo en Minas Gerais.

Van die gebiede het minder as die helfte van die normale reënval gehad.

Soos Brasilië sy droë seisoen binnegaan, bestaan daar ook reeds vrese dat dit vanjaar langer gaan duur as gewoonlik en reën word eers teen Oktober en November verwag in plaas van September, sê Celso Oliveira, ’n meteoroloog, aan Bloomberg.

Meer oor:  Droogte  |  Lemoene  |  Koffie  |  Landbou  |  Invoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.