SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Landbou
Koffiekapitaal dalk binnekort duurder
Jou espresso mag dalk binnekort duurder word.Foto: Pixabay

Jou koppie boeretroos, veral ’n sterk een soos ’n espresso of een wat met kitskoffie gemaak is, mag dalk binnekort heelwat duurder word.

Dit het niks te make met hoe die rand verhandel nie, maar eerder met ’n groot droogte in Indonesië.

Bloomberg berig dat dié land, wat die wêreld se derde grootste produsent van arabica-bone is, verwag dat sy totale koffieboonproduksie dié seisoen van sowat 12 miljoen sakke tot net 10 miljoen sakke gaan daal.

Elke sak weeg 60 kg.

Arabica-bone word spesifiek vir espresso en kitskoffie gebruik.

Daar word veral met arabica-bone geboer in die suidelike deel van Sumatra-eiland.

Dié bone word veral deur onder meer Starbucks gebruik vir koffie.

The Drum berig dat Starbucks maak só baie staat op bone wat in dié land geproduseer word, dat hy in Januarie vanjaar ’n interaktiewe koffiereservaat in dié land oopgemaak het.

Pryse vir koffie op termynmarkte in Londen het sedert Oktober reeds met 10% gestyg. Vir bone wat in Januarie afgelewer word, is die prys reeds $1 388 per ton.

Moelyono Soesilo, hoof van spesialiskoffie en verwerking by die Vereniging van Indonesiese koffie-uitvoerders en nywerhede, sê die droogte is nogal ernstig.

Hy sê in sekere dele van die land sal die koffie-oes waarskynlik tussen 30% en 40% kleiner wees as ’n jaar gelede.

Dit is nie die eerste keer dat droogtes in ander dele van die wêreld Suid-Afrikaners meer laat betaal vir hul daaglikse kafeïen-lafenis nie.

Aan die einde van 2018 het ’n droogte in Viëtnam die pryse van robusta-koffie die hoogte laat inskiet.

Dié variëteit vorm die grondslag van kitskoffie wat onder meer deur Nestlé gemaak word.

Meer oor:  Starbucks  |  Indonesië  |  Koffie  |  Espresso
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.