Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Kos, drank en tabak skep 17 000 nuwe poste

Die voedsel-, drank- en tabakbedryf in die Wes-Kaap het verlede jaar 17 000 nuwe werkgeleenthede geskep.

Die Wes-Kaap se drankbedryf help steeds werk skep. Foto: Pixabay

“Hierdie syfers is besonder indrukwekkend in die lig daarvan dat die koronaviruspandemie landswyd ’n verwoestende uitwerking op indiensneming gehad het,” sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou.

Luidens ’n verklaring wat sy departement Dinsdag uitgereik het, het hierdie sektore gesamentlik in die tydperk van einde 2009 tot 2019 indrukwekkend gegroei en ’n sterk bydrae tot werkskepping in die provinsie gelewer.

Oor dié tien jaar het veral voedselverwerking uitgeblink en meer as verdubbel. Dié sektor se bruto toegevoegde waarde het van R9,2 miljard einde 2009 tot R23,7 miljard toegeneem met ’n gemiddelde jaarlikse verhoging van 4,3%, ver bo die provinsie se inflasiekoers.

Terselfdertyd het die bruto toegevoegde waarde uit die vervaardiging van tabak en drank van R5,2 miljard tot R9,8 miljard toegeneem.

Namate die bedrywe gegroei het, het dit ook wesenlik tot werkskepping in die provinsie bygedra, sê Meyer in die verklaring.

Seisoensaangepaste indiensneming in die Wes-Kaap se voedsel-, drank- en tabakbedryf het van 64 000 poste einde 2009 toegeneem tot meer as 122 000 einde 2019.

Dit is ’n toename van 58 000 poste; 13% van alle nuwe poste wat in dié dekade in die provinsie geskep is.

“Die departement sal hard daaraan werk om nuwe bande met verskeie vennote te smee om landbouverwerking na die volgende vlak te neem.

“Een so ’n inisiatief is die projek ‘Agri-verwerking op wiele’, waaroor ek baie opgewonde is om later vanjaar bekend te stel. Dit sal aan landelike gemeenskappe toegang tot landbouverwerkingsgeleenthede gee, wat sal bydra tot werkskepping en voedselsekerheid,” sê Meyer.

Meer oor:  Drank  |  Kos  |  Landbou  |  Drankverbod  |  Tabak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.