Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Lae pryse vir hoender gaan Astral se wins knou
Astral waarsku sy wins gaan tussen 50% en 60% daal weens lae hoenderpryse. Foto: Astral

Die hoendergroep Astral verwag nou sy wins gaan tussen 50% en 60% in die boekjaar tot einde September laer wees.

Twee weke gelede het die groep in ’n handelsoorsig gesê sy wins per aandeel en wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting meer as 60% daal.

Astral het in die vorige handelsoorsig gesê verlede jaar was sy resultate die beste tot dusver in sy geskiedenis nadat voordeel getrek is uit die lae voerkoste na die rekord mielieoes in die land. Terselfdertyd was die pryse vir hoenders beter omdat daar te min braaihoenders was na die uitbreking van voëlgriep in 2017.

Amper die teenoorgestelde het vanjaar gegeld met hoër mieliepryse weens ’n kleiner oes wat tot ’n wesenlike verhoging in voerkoste gelei het. Boonop is die pryse waarteen hoenders verkoop word onder druk.

“Dit het tot ’n wesenlike druk op winsmarges gelei,” is in die handelsoorsig gesê.

Verbruikersbesteding was ook teleurstellend in die boekjaar en baie hoendervleis is ingevoer wat tot gevolg gehad het dat pryse laer was as verlede jaar.

Astral moes ook addisionele koste dra wat verband hou met:

  • Stakings in KwaZulu-Natal in die eerste kwartaal;
  • Beurtkrag in die tweede kwartaal; en
  • Ontwrigting aan watervoorraad aan sy aanleg in die Lekwa munisipale distrik (Standerton) in die derde kwartaal.

Astral se resultate gaan 18 November uitgereik word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.