Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank begaan wanbetaling op lening

Die Landbank, wat tot dusver ’n mate van ’n ligpunt onder die sukkelende staatsondernemings was, het aangekondig daar is van sy skuld wat hy nie aan ’n lener kan terugbetaal nie.

Die bank het die beleggers wat van sy skuldbriewe hou, verwittig dat die wanbetaling op ’n oortreding van die bepalinge van die skuldbriefprogramme van 2010 en 2017 neerkom.

Die bank leen soos ander staatsondernemings geld in die plaaslike skuldmark by groot beleggers soos pensioenfondse. Landbank het twee skuldbriefprogramme – een van R20 miljard wat in 2010 afgeskop het en een van R30 miljard wat in 2017 begin het.

Volgens die Landbank het hy in gebreke gebly om ’n wentelkredietlening aan ’n lener terug te betaal. Die bedrag wat betrokke is, word as ’n wesenlike wanbetaling onder die voorwaardes en bepalinge van die skuldbriefprogramme beskou.

Die Landbank is in gesprekke met die instelling wat die wentelkrediet aan hom verskaf het om ’n kwytskelding van die bepaling van die ooreenkoms te kry.

“Die Landbank ervaar tans ’n gebrek aan likiditeit en is in gesprek met verskeie belangegroepe ten opsigte van sy finansiële verpligtinge wat betaalbaar word om dit moontlik uit te stel.”

Meer oor:  Landbank  |  Staatsonderneming  |  Skuldbriewe  |  Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.