Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
GRAFIKA: Só het Landbank in die sop beland

Die Landbank kan nie nou enige nuwe lenings aan boere toestaan nie. Dít juis in die tyd voor die volgende plant- en oesseisoen.

Ayanda Kanana, uitvoerende hoof van die Landbank.

Ayanda Kanana, nuwe uitvoerende hoof, het Woensdag aan die parlement se staande komitee oor toedelings gesê die bank is in baie sensitiewe, gevorderde onderhandelinge met finansiers en dit vereis vertroulikheid oor die bedrae wat betrokke is.

Parlementslede wil hê die bank moet ’n baie sterker rol speel om swart boere en grondhervorming aan te help.

Dit kom te midde van die krisis by die Landbank nadat Moody’s hom reeds twee keer afgegradeer en hy ’n wanbetaler op sy skuld geword het.

Die bank is te belangrik om te misluk, het Kanana gewaarsku.

“As ons niks doen nie, gaan mense hul geld verloor. Ons kan nie toelaat dat die bank gelikwideer word nie.”

Die Landbank het laste van R45 miljard en bates van net R5 miljard en kan nie voortgaan sonder herkapitalisering deur die aandeelhouer – die regering – nie, sê Mabotha Moloto, voorsitter van die Landbank-direksie.

k

Sfiso Buthelezi, voorsitter van die komitee, wou weet hoekom die Landbank nie die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) nader om in hom te belê nie. As die OBK dit so “gemaklik” vind om in ’n maatskappy soos Sasol te belê, ‘waarvan die aandeelprys eers R400 was en nou onder R90 geval het’, kan die OBK mos gerus eerder in die Landbank belê, wat met die ekonomiese transformasie van die land kan help, voel Buthelezi.

Volgens Moloto het Tito Mboweni, minister van finansies, aan hom gesê die Landbank hoef nie 100% in staatsbesit te wees nie en die ruimte moet oopgemaak word om private belegging in die bank moontlik te maak.

k

Kanana het verduidelik die bank se koste-tot-inkomsteverhouding het van 2016 tot nou van 56% tot 75,7% gestyg, terwyl sy mikpunt is om dit onder 63% te hou.

Die verhouding van wanpresterende lenings teenoor totale lenings het van 8,8% tot 10,7% toegeneem, terwyl die teiken is om dit onder 10% te hou. Baie boere is onder ekonomiese druk en sukkel om hul lenings terug te betaal, waarsku Kanana.

Die Landbank se koste van finansiering het van 6,3% in 2016 tot 9,1% gestyg en die netto rentemarge het tot 2,1% gedaal.

Kanana het verduidelik dat die bank se huidige probleme onder meer uit herhaalde droogtes asook siektes soos voëlgriep, listeriose en bek-en-klouseer spruit, wat die landboubedryf die afgelope jare getref het, tesame met die onlangse afgraderings deur die kredietgraderingsagentskap Moody’s.

Die bank het in Augustus 2019 al gevra vir ’n herkapitalisering van R5 miljard, en in Februarie vanjaar het die staat ’n R5,7 miljard-waarborg vir die finansieringsprogram gegee.

Tshepiso Moahloli, waarnemende adjunk-direkteur-generaal van die tesourie vir bate- en lastebestuur, sê die tesourie het nie ’n “onbeperkte pot geld” nie en daar is verskeie ander staatsondernemings en departemente wat geld wil hê terwyl inkomste krimp. Die tesourie verstaan egter die Landbank se uitdagings, sê sy.

Meer oor:  Landbank  |  Lenings  |  Staatsondernemings  |  Boere  |  Banke  |  Landbou  |  Bankbedryf  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.