Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank kan weer begin rente betaal

Die Landbank sal Maandag weer rente begin betaal op die geld wat van beleggers geleen is ná die reddingsboei van R3 miljard wat hy van die staat ontvang het.

Trekkers hard aan die ploeg en plant tussen Bloemfontein en Boshof in die Vrystaat. Foto: Mlungisi Louw

Die R3 miljard is aan die Landbank toegewys met die aanvullende begroting wat op 24 Junie deur Tito Mboweni, minister van finansies, aangekondig is.

Die wetsontwerp vir die aangepaste begroting is op 4 Augustus deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur en na die president gestuur vir bekragtiging.

“Op grond van hierdie vordering wat gemaak is en geld wat ingesamel is met invorderings op die voorskotboek, kan die Landbank aankondig dat rentebetalings op 11 Augustus hervat sal word.

“Dit is ’n stap nader aan die Landbank se doel om sy verbintenis aan sy krediteure na te kom.”

Rente sal van vandeesweek af betaal word wanneer dit betaalbaar word ingevolge elke onderliggende ooreenkoms.

Rentebetalings wat reeds kontraktueel verskuldig is, word betaal saam met enige opgelope rente wat verskuldig is.

Netwerk24 het in April berig die Landbank het aangekondig daar is van sy skuld wat hy nie aan ’n lener kan terugbetaal nie.

LEES OOK: Landbank begaan wanbetaling op lening

Die betalings sal opeenvolgend gedoen word oor die komende ses weke beginnende met die vroegste geskeduleerde rentebetaling wat misgeloop is.

Rente wat nog nie kontraktueel verskuldig en betaalbaar is nie, sal steeds oploop in ooreenstemming met die bepalings van elke toepaslike onderliggende kontrak en sal vereffen word wanneer die skuldherstrukturering wat in Junie aangekondig is, einde Oktober in werking gestel word.

In Mei is aangekondig die Landbank kan nie nou enige nuwe lenings aan boere toestaan nie.

In April kon die bank vir die eerste keer nie lenings terugbetaal wat hul vervaldatum bereik het nie en in Junie het hy in gebreke gebly om van die rente op skuldbriewe te betaal.

Die Landbank het einde Maart R41,2 miljard se uitstaande skuldbriewe gehad waarvan R17,1 miljard binne 12 maande sou verval en terugbetaal moes word.

Sowat R9,6 miljard daarvan sou binne drie maande hul vervaldatum bereik het.

Meer oor:  Landbou  |  Nasionale Tesourie  |  Rente  |  Reddingsboei  |  Skuldbriewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.