Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank kan wéér nie skuld betaal
Die Landbank kan al weer nie van sy skuld betaal nie. Foto: Pixabay

Die Landbank het vir die soveelste keer aangekondig dat hy nie sy skuld kan betaal nie.

Die bank sê Donderdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat hy nie ’n bedrag van R29,15 miljoen, wat op 13 Julie betaalbaar is, sal kan betaal nie.

Dié aankondiging volg op soortgelyke aankondigings op 24 April en 18 Junie.

Mabotha Moloto, voorsitter van die Landbank se direksie, het in Mei aan die parlement se staande komitee oor toedelings gesê die bank het laste van R45 miljard en bates van net R5 miljard. Hy kan dus nie voortgaan sonder herkapitalisering deur die aandeelhouer, die staat, nie.

Die Landbank was die enigste staatsonderneming wat ’n reddingsboei van die staat gekry het toe Tito Mboweni, minister van finansies, sy aanvullende begroting op 24 Junie bekend gemaak het.

’n Bedrag van R3 miljard is aan die bank toegeken.

Mboweni het in sy toespraak gesê omdat die Landbank 29% van Suid-Afrika se landbouskuld finansier, gaan die tesourie wel inspring om hom te help om ’n oplossing vir sy probleme te vind.

Luidens die dokumente wat die tesourie gepubliseer het, ken die staat die R3 miljard toe as ’n “ekwiteitsbelegging” om die bank te herkapitaliseer.

Meer oor:  Landbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.