Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank nou ’n wanbetaler

Die Landbank is nou amptelik ’n wanbetaler.

Die bank sê vroegoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat hy nié paaiemente op ’n wentelkredietgerief kon betaal nie.

Die bank, wat finansiering aan boere en landbou-ondernemings verskaf, het Maandag reeds gewaarsku dat hy dalk weens kontantvloeiprobleme ingevolge regulasies oor kruiswanbetaling, ’n wanbetaler kan word.

Kruiswanbetaling beteken dat ’n individu of instansie as ’n wanbetaler beskou word as hy een skuldbetaling misloop, ongeag wat met die ander skuldbetalings gebeur.

Nagenoeg R738 miljoen se skuld word teen einde April betaalbaar.

Die bank is ook besig om te onderhandel om hulp van R5 miljard om sy kontantvloeiprobleme op mediumtermyn te verlig. Die bank het toegang tot ’n leningswaarborg van R5,7 miljard van die regering, waarvan R4,3 miljard beskikbaar bly om die Landbank se inisiatiewe vir die insameling van kapitaal te ondersteun.

Meer oor:  Landbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.