Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank probeer wanbetaling systap

Die Landbank is in noodonderhandelinge met sy krediteure gewikkel om uitstel op bykans R1 miljard se skuld plus sowat R5 miljard se nuwe noodfinansiering te kry.

Die Landbank gaan onder meer staatswaarborge om sy status as wanbetaler om te keer.

Die bank, wat finansiering aan boere en landbou-ondernemings verskaf, het verlede week gesê dat hy nie sy paaiemente op ’n wentelkredietgerief van R738 miljoen kon betaal nie.

Die skuld moes teen einde April betaal word, en weens regulasies oor kruiswanbetaling is die bank sedertdien amptelik ’n wanbetaler op al sy skuld.

Die Landbank sê egter Maandag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat hy nou in gesprekke met sy krediteure is om dié klassifisering te vermy deur eerder uitstel te kry vir die skuld wat einde April betaal moet word.

Hy wil ook die einste krediteure vra om noodfinansiering van tot en met R5 miljard om ’n lopende likiditeitskrisis te help hokslaan.

Die Vereniging vir Spaar en Beleggings van Suid-Afrika (Asisa), wat die land se grootste batebestuursfirmas verteenwoordig, het aangebied om die Landbank te help om sy krediteure saam te smelt in een groep, wat skuldbetalings sal vergemaklik.

Boonop gaan die Landbank ook staatswaarborge op sy skuld inspan.

Die bank sê hy het toegang tot R5,7 miljard se waarborge, waarvan R4,3 miljard nog nie gebruik is nie.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Vrydag in antwoord op ’n vraag op ’n aanlyn mediakonferensie gesê die tesourie sal hulp verleen aan die beleërde staatsbank, maar nie besonderhede verskaf oor hoe of wanneer die hulp sal materialiseer nie.

Die bank skuld die meeste van sy geld aan van Suid-Afrika se grootste banke.

Bloomberg het Vrydag berig dat finansierders van die Landbank bereid is om die bank te help om van die wanbetaling te herstel as die regering hom ook tot die redding van die instansie verbind.

Meer oor:  Asisa  |  Landbank  |  Banke  |  Landbou  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.