Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank se versoek om staatswaarborg afgekeur

Die Landbank gaan nie die staatswaarborg kry waarop hy gehoop het vir die herstrukturering van sy skuld nie.

Landbank hoop steeds vir die R7 miljard van die regering af met die nasionale begroting in Februarie om hom met sy kontantvloei te help. Foto: Pixabay

Die bank sê hy is deur die nasionale tesourie in kennis gestel dat die gedeeltelike staatswaarborg waarvoor hy aansoek wou doen nie beskikbaar is nie.

“ ’n Kombinasie van faktore, insluitende die aard van die waarborg, die fiskale druk op die staat en ’n riglyn wat op 26 Oktober uitgereik is oor die uitreiking van nuwe regeringswaarborge, het hiertoe aanleiding gegee,” sê die bank in ’n verklaring.

Die Landbank het as deel van ’n plan wat in Augustus vir sy skuldlas voorgestel is, beoog om aansoek te doen vir ’n staatswaarborg om gedeeltelik die nuwe skuldbriewe wat hy wou uitreik, te waarborg.

Volgens die Landbank gaan dit nou die herformulering van die plan noodsaak.

Deel van die plan was om die bestaande genoteerde skuldinstrumente onder sy mediumtermyn-skuldbriefprogram te vervang met notas wat herprys en onder ’n nuwe mediumtermyn-skuldbriefprogram uitgereik sou word. Dit is waarom die Landbank vir ’n regeringswaarborg wou aansoek doen.

Die nuwe plan is nou om die bestaande genoteerde skuldinstrumente met ’n nuutgeskepte, ongenoteerde en ongegradeerde skuldinstrument te vervang.

“Die Landbank het onbenutte regeringswaarborge ten bedrae van ongeveer R4,3 miljard beskikbaar, en dit kan gebruik word ter ondersteuning van die hersiene plan.”

In die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring in November verlede jaar het Tito Mboweni, minister van finansies, aangedui die Landbank gaan ’n “bykomende R7 miljard op mediumtermyn benodig om sy herstrukturering te ondersteun”.

Volgens die Landbank kan die hersiene plan net gefinaliseer word nadat die nasionale begroting in Februarie aangekondig is.

Rapport het onlangs berig die Landbank het die R7 miljard nodig om sy kontantvloeiprobleme op te los, sy bedrywighede voort te sit, nuwe kliënte te lok en in bestaande kliënte se behoeftes te voorsien.

Meer oor:  Landbank  |  Skuld  |  Herstrukturering  |  Skuldbriewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.