Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank se waarnemende hoof bedank ná 5 maande

Die Landbank het aangekondig dat sy waarnemende uitvoerende hoof, Bennie van Rooy, bedank het om persoonlike belange na te jaag.

Sy bedanking is aanvaar.

Bennie van Rooy, voorheen finansiële hoof van Landbank.

Van Rooy is op 7 Desember 2018 as waarnemende uitvoerende hoof aangestel. Hy was voorheen die finansiële hoof.

Hy het Tshokolo Nchocho opgevolg wat in Desember deur die kabinet as uitvoerende hoof van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie aangestel is.

Die direksie het Van Rooy bedank vir sy bydrae.

Konehali Gugushe, waarnemende finansiële hoof, is met onmiddellike ingang as die waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

Van Rooy en sy sal vir die volgende maand saamwerk om ’n gladde oorgang te verseker.

Die direksie beoog om saam met die minister van finansies die aanstelling van ’n permanente uitvoerende hoof te versnel, lui die verklaring op die JSE se nuusdiens.

Die Landbank het vroeg in Januarie aangekondig Gugushe, wat hoof-risikobestuurder was, is as die waarnemende finansiële hoof aangestel.

Sy is ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester wat haar in 2015 by die Landbank aangesluit het.

Die hoof-risikobestuurder hou toesig oor al die risiko- en kredietfunksies van die bank.

In Januarie is die oorsig oor dié funksie as ’n tussentydse maatstaf aan twee senior hoofbestuurders, Sakhumzi (Sakhi) Diza, hoofbestuurder van korporatiewe krediet, en Nafiza Khan, hoofbestuurder van ondernemings se risiko, gedelegeer.

Meer oor:  Landbank  |  Bedank  |  Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.