Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank skarrel vir kontant

Die Landbank gaan waarskynlik van Donderdag af as ’n wanbetaler op genoteerde skuldnotas geklassifiseer word en die instelling is besig om verwoed met banke en beleggers in sy skuldnotas oor finansiële steun te onderhandel.

’n Opslagsonneblom staan in ’n deurnat land buite Soutpan in die Vrystaat. Foto: Charles Smith

Die bank, wat finansiering aan boere en landbou-ondernemings verskaf, het Maandag gewaarsku dat hy dalk weens kontantvloeiprobleme ingevolge regulasies oor kruiswanbetaling ’n wanbetaler op skuldnotas ter waarde van altesame R50 miljard gaan word.

Dit kom nadat hy nie die paaiemente op ’n wentelkredietgerief kon betaal nie.

Kruiswanbetaling beteken dat ’n individu of instansie as ’n wanbetaler beskou word as hy een skuldbetaling misloop, ongeag wat met die ander skuldbetalings gebeur.

Nagenoeg R738 miljoen se skuld word teen einde April betaalbaar.

Die Landbank is tans in gesprekke met sy notahouers en finansiers gewikkel vir die uitstel van rentebetalings en die terugbetaling van kapitaal.

Die bank is ook besig om te onderhandel om hulp van R5 miljard om sy kontantvloeiprobleme op mediumtermyn te verlig. Die bank het toegang tot ’n leningswaarborg van R5,7 miljard van die regering, waarvan R4,3 miljard beskikbaar bly om die Landbank se inisiatiewe vir die insameling van kapitaal te ondersteun.

Agri SA het voorheen gepleit dat die regering die Landbank help omdat hy byna 29% van alle lenings aan boere verskaf.

Die Landbank se kontantvloeiprobleme spruit uit droogtes en boere wat met hul terugbetalings vasbrand.

Agri SA sê as die Landbank toegelaat word om onder te gaan, sal werkskepping en voedselsekerheid benadeel word en dit moet “tot elke prys voorkom word”.

Annette Steyn, DA-LP, het op haar beurt ’n beroep op die parlement se portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gedoen om die toekoms van die Landbank dringend te bespreek.

“Die onderneming se probleme is meegebring omdat die regering jare lank traag in sy reaksie op verskeie droogtes en ander landbourampe was. Dit het meegebring dat die Landbank nie ’n lae koers van wanbetalings kon handhaaf nie.”

Meer oor:  Landbank  |  Banke  |  Landbou  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.