Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank: Tweede hoof binne jaar waai

Die swaaideur tol weer by Landbank. Die direksie het aangekondig Kone Gugushe, waarnemende uitvoerende hoof, het haar bedanking ingedien.

Sedert Tshokolo Nchocho by Landbank weg is as uitvoerende hoof in Desember 2018 is daar nog nie iemand permanent in die pos aangestel nie.

Die bank het laas in 2018 ’n permanente uitvoerende hoof gehad.

Dit is die tweede waarnemende uitvoerende hoof binne ’n jaar wat bedank.

LEES OOK: Landbank se waarnemende hoof bedank ná 5 maande

Gugushe is in Mei verlede jaar aangestel as waarnemende uitvoerende hoof nadat die vorige waarnemende hoof, Bennie van Rooy, bedank het.

Die permanente uitvoerende hoof van Landbank, Tshokolo Nchocho, is in Desember 2018 weg toe hy aangestel is as die uitvoerende hoof van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK). Nchocho was sedert Februarie 2015 in die pos.

Gugushe was voor haar aanstelling as waarnemende hoof die waarnemende finansiële hoof. Sy is in Januarie 2018 in dié pos aangestel toe Van Rooy as waarnemende uitvoerende hoof aangestel is. Voor dit was Van Rooy permanent in die pos as finansiële hoof.

“Die proses om ’n permanente uitvoerende hoof aan te stel het gevorder en ’n aankondiging hieroor word binnekort verwag,” lui ’n verklaring.

Sydney Soundy, tans hoof van strategie en kommunikasie, is met onmiddellike ingang as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

Landbank het darem in Desember uiteindelik ’n permanente finansiële hoof aangestel. Khensani Hazel Mukhari begin op 3 Februarie in die pos.

Ryan Engle, hoofbestuurder van finansies, neem tans in dié pos waar. Hy is met onmiddellike ingang op 20 September aangestel toe die vorige waarnemende finansiële hoof, Yatheen Ramrup, versoek is om as ’n voorsorgmaatreël op verlof te gaan.

Aantygings

Ramrup is in Mei 2019 in die pos as waarnemende finansiële hoof aangestel.

Die besluit dat hy as voorsorg verlof moet neem, is geneem ná bewerings oor moontlike wangedrag. “Gegewe die aard en die bron van die beweringe het die direksie dit as verstandig geag dat Ramrup as voorsorgmaatreël verlof neem terwyl die ondersoek daaroor onderweg is,” lui ’n verklaring van 20 September verlede jaar.

Ramrup se permanente pos is hoof van interne oudit.

Afdanking

Dié verklaring het gevolg kort na die aankondiging dat Loyiso Ndlovu, uitvoerende bestuurder van kommersiële ontwikkeling en sakebankwese, skuldig bevind is aan wangedrag wat verband hou met die viktimisering en mishandeling van ’n werknemer wat daarna einde Augustus ontslaan is.

Soundy en Faride Stiglingh, ook ’n uitvoerende bestuurder, is aangestel om waar te neem in haar plek.

Middel Augustus is aangekondig dat Gugu Mtetwa haar bedanking ingedien het as nie-uitvoerende direkteur. Sy was voorsitter van die ouditkomitee.

Gugushe se permanente pos is eintlik hoofrisikobeampte. Sy sal nog tot einde Maart in dié pos aanbly.

Meer oor:  Landbank  |  Kone Gugushe  |  Direkteure  |  Waarnemende Uitvoerende Hoof  |  Wangedrag  |  Poste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.