Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbank wil dringend R3 mjd. leen

Die Landbank gaan binne die volgende twee weke R3 miljard leen om sy kontantvloei-penarie op te los.

Die Landbank finansier duisende kommersiële boere landwyd.

Die tesourie gaan borg staan vir dié lening.

Die Landbank het onlangs aangekondig hy kan nie die minimum paaiemente op sy wentelkredietgerief van R738 miljoen bekostig nie en moet gevolglik al sy skuld herstruktureer. Hy is in gesprek met sy kredietverskaffers om dit te bewerkstellig.

In ’n Sens-verklaring sê die staatsbeheerde landbou-finansier die tesourie steun hom in sy pogings om die onderneming te red.

Die R3 miljard gaan vir uitbetalings, bedryfsuitgawes en rente gebruik word, maar geen kapitaalbedrae gaan daarmee terugbetaal word nie.

Die Landbank se sakemodel gaan hersien word nadat die dringende skuldherstrukturering afgehandel is, luidens die Sens-verklaring.

Die Landbank se krediteure besit skuldnotas ter waarde van altesame R50 miljard.

Dondo Mogajane, direkteur-generaal van finansies, het Dinsdag in ’n virtuele sitting van die parlement se staande en gekose komitees oor finansies gewaarsku dat voedselsekerheid in gedrang sal kom as die Landbank ondergaan.

Die Landbank verskaf lenings aan boere en landbou-ondernemings en het ’n markaandeel van net meer as ’n kwart van dié lenings.

Mogajane sê die tesourie is al jare lank bekommerd oor die Landbank se sakemodel omdat hy op kort termyn leen, maar op lang termyn uitleen, “en dit kom spook nou by ons”.

Meer oor:  Landbank  |  Staatsondernemings  |  Banke  |  Landbou  |  Bankbedryf  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.