Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbou blink, dieselprobleem stink

Die verslegtende ekonomiese toestande en verlies aan werkgeleenthede in Suid-Afrika is deesdae op almal se lippe.

Danksy graanboere wat vanjaar rekordoeste verwag en die feit dat die landbou minder as ander sektore deur die staat van inperking geraak is, is landbou die een sektor waar vanjaar goeie groei verwag word.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, die landbousakekamer, sê die landbousektor vaar beslis beter as ander sektore van die ekonomie en dat goeie oeste in die graan-, sitrus- en sekere vrugtebedrywe daartoe bydra dat landbou nou beter as ander sektore presteer.

Baie boere het redelik laat geplant en daar is nog heelwat vog in die lande.

Die verbod op tabak, die beperkings wat op die wynbedryf geld, asook die inperkings wat aanvanklik in die snyblombedryf gegeld het, het dié bedrywe geknou.

Petru Fourie, navorsingskoördineerder en ekonoom van Graan SA, sê die stroopproses vorder vanjaar redelik stadig.

“Baie boere het redelik laat geplant en daar is nog heelwat vog in die lande,” sê sy.

Fourie sê sowat 20% van mielies in Noordwes, 35% in die noordwestelike en sentrale dele van die Vrystaat, 25% tot 30% in die Oos-Vrystaat en 60% in Mpumalanga is reeds gestroop.

In KwaZulu-Natal is daar dele wat nog baie nat is, terwyl ander mielieprodusente reeds 80% klaar gestroop het.

Die meeste sojabone en sonneblom is reeds gestroop, sê Fourie.

Die meulenaars moet weer die mieliemeel kan versprei.

Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA, sê die dieseltekort raak graanboere baie negatief en vertraag die stroopproses. Van die organisasie se lede kla dat die situasie beroerd is.

Louw sê die tekort duur al meer as ’n maand en intussen het nuwe terugslae ook nog die verskaffing van diesel ontwrig.

Hy sê Graan SA kon danksy vergaderings met die Suid-Afrikaanse Petroleumbedryfsvereniging (Sapia) verhoed dat boere heeltemal sonder diesel sit, maar boere sukkel om voluit te stroop.

“Die hele verskaffingsketting van mieliemeel word bedreig omdat mielies van die plase na silo’s vervoer moet word en van daar na meulenaars. Die meulenaars moet weer die mieliemeel kan versprei,” sê hy.

Louw sê daar is heelwat diesel in die Durbanse hawe, maar daar is logistieke probleme om dit na die binneland te versprei.

Sapia het verlede week bevestig dat die pypleiding uit die hawe na die binneland weer in werking is.

Louw sê sedert April het dieseldiewe dié pypleiding 38 keer beskadig.

Hy sê dieselverskaffing is ook erg ontwrig tydens die vlak 4- en vlak 5-inperking omdat dieselvoorraad opgehoop het en aanlegte tot stilstand gekom het.

Meer oor:  Diesel  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.