Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Landbou voel die pyn van toenemende storting – Agri SA

Storting en oormatige invoer van onder meer bevrore vleis- en groenteprodukte dreig om die Suid-Afrikaanse landboubedryf tot op sy knieë te dwing.

Storting tydens die pandemie neem toe, en plaaslike landbou voel die pyn. Foto: Argief

Weens die Covid-19-pandemie is die vraag na uitvoerprodukte wêreldwyd baie laer as gewoonlik.

Agri SA waarsku egter Maandag dat die dienooreenkomstige laer pryse beteken die plaaslike mark is gretig om eerder winskopies in te voer in ’n tyd waarin die plaaslike landbou eerder ondersteuning nodig het.

“Groot toenames in invoer van bevrore produkte, soos hoendervleis en aartappels, plaas groter druk op plaaslike boere en het ’n negatiewe impak op hul inkomste en dié van die mense wat in hul diens is,” sê Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA.

“Storting kan die groeivooruitsigte vir een van die land se mees lewensvatbare bedrywe in die gevaar stel.

“Boere is prysnemers en met die toenemende druk op hul winsmarges sal storting katastrofies vir menige bedrywe wees,” sê Van Zyl.

Namate die ekonomie heropen, sal die druk as gevolg van die sluiting van restaurante en die gasvryheid- en toerismebedryf, tot ’n mate afneem, sê Agri SA.

Die risiko vir die pluimveebedryf en dié vir gevriesde produkte bestaan egter steeds. Tydens vlak 5, 4 en 3 van die inperking het die vraag na bevrore hoender onderskeidelik met 18%, 13% en 7% afgeneem.

Volgens die landbou-unie moet die regering ingryp en keer dat storting hier plaasvind in hierdie kwesbare tyd.

“Ons is daartoe verbind om by te dra tot die mededingendheid, veerkragtigheid en langtermynontwikkeling van ons produsente en voorraadkettings, wat ongelukkig die risiko loop om ondermyn te word deur voortdurende internasionale storting.

“Dit is noodsaaklik dat alle bedryfsbelanghebbendes saamwerk om groter voedselsekerheid, die bemagtiging van opkomende boere en die volhoubare groei van die Suid-Afrikaanse landbousektor te verseker,” sê Van Zyl.

Meer oor:  Agri Sa  |  Invoer  |  Storting  |  Uitvoer  |  Handel  |  Tariewe  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.