Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Lemoene nou per trein na uitvoerhawe

Groter volumes sitrus word deesdae van Suid-Afrika en Zimbabwe uitgevoer, maar die vervoer daarvan het nou ’n kleiner koolstofvoetspoor danksy samewerking tussen die Sitruskwekersvereniging en Transnet.

By die intermodale vrageindpunt by Musina word toenemend koelvraghouers gehanteer wat per spoor sitrusvrugte uit Limpopo en Zimbabwe na die Durbanse hawe vervoer.

Transnet se vragvervoer­afdeling (TFR) het in Augustus ’n nuwe treindiens vanuit Musina in Limpopo begin wat sitrusvrugte van boere in die Limpopovallei asook van Zimbabwe in spesiaal verkoelde treinwaens laai en dit dan na Johannesburg vervoer.

Van City Deep in Johannesburg is daar sedert 13 Augustus ’n weeklikse vrugtetreindiens na Durban. Freight Trade Weekly het vroeër berig die mikpunt is om sitrus uit Zimbabwe, die noordelike streke van Limpopo, Bela-Bela en Tzaneen regstreeks van Musina na die Durbanse hawe te vervoer. Sitrus van die suidelike en oostelike dele van Limpopo sal na City Deep geneem word vanwaar dit na Kaapstad en Durban vervoer sal word.

Mike Asefovitz, woordvoerder vir TFR, het gesê die eerste trein uit Musina het op 5 Augustus met 250 waens vertrek.

Die trein is met die steun van tegnici van die skeepsredery MSC by die intermodale vrageindpunt by Musina gelaai.

Lloyd Tobias, waarnemende hoof van TFR, sê die projek is ’n merkwaardige prestasie om vragvermoë te verhoog deur doeltreffendheid en produktiwiteit te verbeter.

“Die inisiatief sal bydra tot die doelwit om ’n naatlose, veilige, betroubare en mededingende spoorvragdiens te lewer.” Dit sal ook help om die Suider-Afrikaanse padnetwerk te beskerm, want dit beteken minder vragmotors op die paaie.

Die inisiatief het sowat 45 nuwe werkgeleenthede by Musina geskep en nog agt nuwe poste by Transnet self, het Tobias gesê. Die poste by Musina kan teen volgende jaar tot meer as 75 toeneem, meen hy. Die poste sluit in hyskraan- en weegbrugoperateurs, vragmotorbestuurders en laai-operateurs op plase.

Die intermodale vrageindpunt in Musina is in Junie 2017 begin met die doel om meer vrag van die landboubedryf in die streek, soos sitrus, mielies en tamaties per spoor te vervoer.

Meer oor:  Transnet  |  Treindienste  |  Vraghouer  |  Landbou  |  Vervoer  |  Sitrus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.