Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Listeriose knou verkope van varkvleis erg

Die varkvleisbedryf het die ergste deurgeloop onder die uitbreking van listeriose, volgens voorlopige navorsing van die departement van handel en nywerheid.

Die vraag na varkvleis wat as kouevleis verkoop word, het met 50% gedaal weens listeriose. Foto: Pixabay

“Die vraag na verwerkte vleis het met 75% gedaal en die vraag na varkvleis wat as kouevleis verkoop word, het met 50% gedaal met ’n geraamde winsdaling van 40%, het die departement in ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag gesê.

“Volgens data van die Varkprodusente-organisasie het twee aanlegte en een abattoir hul deure gesluit,” lui die antwoord van die departement.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het in Maart gesê die uitbreking van listeriose het tot die dood van 208 mense sedert die begin van 2017 gelei terwyl 1 038 siek geword het.

Die uitbreking se oorsprong is teruggespeur na verwerkte kouevleis. Tiger Brands, die land se grootste voedselprodusent, moes fabrieke sluit en skoonmaak en meer as 4 000 ton se produkte vernietig. – Bloomberg

Meer oor:  Tiger Brands  |  Enterprise  |  Aaron Motsoaledi  |  Vleispryse  |  Rooivleis  |  Vark  |  Vleis  |  Listeria  |  Listeriose  |  Varkvleis  |  Kospryse  |  Departement Van Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.