Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Meer as trekkers by dié skou van veterane

Die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub se trekkerskou is veel meer as net ’n skou waarop gerestoureerde trekkers uitgestal word.

Die rede waarom huishoudelike items en handgereedskap op die Wes-Kaapse skoue uitgestal word, is dat dit in baie versamelaars se huishoudings erfgoed is wat ’n betekenis het. Die skou bied egter ’n platform waarop dit deur meer mense aanskou en gewaardeer kan word.

Dié is familie se erfgoed:Baie van die items wat op ’n veteraantrekkerskou uitgestal word, is eintlik deel van die eienaar of versamelaar se familiegeskiedenis. Jannie Fourie, ’n versamelaar van Greyton, se oupa het dié 1915 Fairbanks Morse gebruik – eers om ’n kleinerige dorsmasjien aan te dryf en toe later ’n koringmeul. Foto’s: VERSKAF

Daar sal vanjaar weer ’n afdeling op die trekkerskou wees waar erfgoed uitgestal kan word.

In die verlede was daar ook al gevalle waar versamelaars onbekende items uitgestal het in die hoop dat skougangers dit kan identifiseer. Tussen al die besoekers kom die regte inligting dan na vore.

Volledige versamelings koffiemeule, porseleinbreekgoed, rolprentkameras en kinderspeelgoed is al uitgestal. Versamelaars in die Overbergstreek het reeds te kenne gegee dat daar vanjaar heelwat unieke erfgoed uitgestal sal word vir almal om te geniet.

Wat ook opvallend is, is dat die profiel van die skoubesoekers aansienlik verander het sedert erfgoed en vergete vaardighede sowat tien jaar gelede op die trekkerskou begin aandag kry het.

Deesdae is ’n besoek aan die Wes-Kaapse trekkerskou ’n gesinsuitstappie vir baie mense.

Die samewerking met die organiseerders van die Blue Crane Run & Ride-fees sal vanjaar dié tendens verder versterk.

Trekkerpret vir groot en klein

Wanneer skouspeletjies met veteraantrekkers aangebied word, word daar ook vir die kinders op die skou voorsiening gemaak.

Die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub maak daarop aanspraak dat die terrein waarop hy die skou aanbied, vir die duur daarvan in ’n “lewende museum” omskep word.

Wat van stilstaande enjins? In toeka se dae het bykans alle vervaardigers van landboumasjinerie ook stilstaande enjins op hul lys gehad. Derick Kleynhans, ’n versamelaar van Heidelberg, het elke model van die John Deere-reeks gerestoureer.

’n Gedeelte van die perseel by die Hoërskool Riviersonderend word afgebaken vir ’n uitstalling oor vergete vaardighede.

Daarby kan al dié produkte boonop gratis geproe word.

Buiten vir al die trekkerpret, is daar ook heelwat vir die fikses om te doen. Bergfietsryers kan aan roetes van onderskeidelik 65 km, 40 km en 23 km deelneem, terwyl drawwers tussen 6 km en 12 km deur die mooi Overbergse omgewing sal kan draf.

  • Jou kontakVir nader besonderhede oor die Blue Crane Run & Ride, stuur e-pos na bluecrane.run.ride@gmail.com of bel Chantel du Toit by 072 276 5240. Vir meer oor die veterane­skou, stuur e-pos na bovrede@twk.co.za of bel 082 331 5904, 083 450 5340 of 083 406 9041.
Onthou jy nog die Unimog? Vragvoertuie is net so deel van enige land se landbougeskiedenis. Daarom sal daar by elke trekkerskou ’n paar juwele soos hierdie 1961 Mercedes-Benz Unimog uitgestal word. Eniel Viljoen (op die foto) se Unimog is ’n klompie jare gelede op ’n nasionale skou as die bes gerestoureerde vragvoertuig in Suid-Afrika aangewys.
’n Trekker in ’n boom? Baie trekkers het al onder ’n boom staan en vergaan. Maar wat van binne-in ’n boom? Gedurende ’n trekkerrit op 10 Augustus (Vrydag) sal die deelnemers by ’n plaas buite Riviersonderend dié geheimsinnige verskynsel kan besigtig.

Meer oor:  Veteraanmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.