Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Meer entstof, minder inperkings – drankbedryf

Die drankbedryf, wat vir die soveelste keer sedert die begin van die pandemie ’n beperking op verkope moet hanteer, sê die regering moet eerder meer moeite met die verskaffing van entstowwe doen.

Jameson, Pernod Ricard
Bottels Jameson in 'n botteleringsaanleg van Pernod-Ricard in Dublin in 2016. Pernod Ricard wat Jameson besit is ook 'n lid van Salba. Foto: Bloomberg

Die groot drukgroep wat van die bekendste handelsname op drankwinkels se rakke verteenwoordig, die Suid-Afrikaanse Vereniging van Drankhandelsnaam-eienaars (Salba), sê die regering se inentingsprogram is teleurstellend.

“Die bedryf is teleurgesteld oor die onvermoë van die regering om ’n doeltreffende inentingsprogram in werking te stel sodat die sakebedryf weer tot ’n groter vlak van normaliteit kan terugkeer,” sê Salba in ’n verklaring.

Kurt Moore, uitvoerende hoof, sê die teiken om groepsimmuniteit in die land te bereik, was 29 miljoen volwassenes.

“Suid-Afrika moet 250 000 tot 300 000 mense per dag voor die einde van die jaar inent om aansienlike meer sterftes aan Covid-19 te vermy.”

Hy sê daar moet eerder daarop gefokus word.

Die drankbedryf is gereed om logistieke hulp te verleen as die regering dit sou vereis omdat dit ’n reuse-operasie is om soveel inentings per dag te doen.

“Die drankbedryf speel ’n belangrik rol as ’n enjin van ekonomiese groei en van werkskepping. Ons kan dit net doen as ons in ’n goed-gereguleerde omgewing bedrywig is,” sê Sibani Mngadi, voorsitter van Salba. “Ons steun nie ’n volslae verbod op drankverkope wat tragiese en rampspoedige gevolge het, terwyl daar ander, effektiewe en geteikende intervensies beskikbaar is nie.”

Volgens hom eis die bedryf ’n verduideliking van die regering oor die beperking op verkope oor naweke.

Klipdrift
Distell, die eienaar van Klipdrift, is 'n lid van die drukgroep Salba.

Die Vereniging vir die Bierbedryf (Basa) het die nuwe aandklokreël verwelkom. “Navorsing toon dat die beperking van die mobiliteit van mense ’n direkte invloed het op die verspreiding van die virus en om druk op die gesondheidstelsel te verlig as gevolg van minder ongelukke.”

Die bierbedryf is egter bekommerd oor die beperking op drankverkope oor naweke en dat dit vir ’n “onbepaalde tyd” ingestel is.

“Daar is steeds geen bewyse dat beperkings op verkope in drankwinkels help om die verspreiding van die virus te beperk nie. Ons glo as mense die keuse het om alkohol te koop en dit in matigheid by hul huise te geniet, sal sosiale byeenkomste vermy kan word.”

Die bierbedryf is ook bekommerd oor die onbedoelde gevolge wat die beperkte handelsure gaan hê, naamlik om die onwettige drankbedryf verder te versterk.

Meer oor:  Salba  |  Distell  |  Drankverkope  |  Wynbedryf  |  Drankverbod  |  Drankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.